LUCA bied leesstof vir lesers wat op soek is na nuwe inspirasie en krag, en wat ’n nuwe pad saam met die Here wil stap. Ons publiseer boeke in uiteenlopende genres vir alle ouderdomme. LUCA-lesers kan kies en keur uit ’n verskeidenheid van interessante, sinvolle en opbouende literatuur. Of jy nou op soek is na ’n lekkerlees verhaal, inspirerende dagstukkies, of ’n gids om jou geestelike lewe op te kikker, daar is ’n LUCA-boek vir jou!
’n Voorsmakie van wat op jou wag uit die LUCA-stal:
Kom saam deur Sonja Goldberg is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hulle lewensreis. Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde vir onsself en ander gereed hê oor die lewe; en nie net ten opsigte van ons persoonlike en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewens – en ons betroubare, drie-enige God. Hierdie dagstukkies gebruik die tema van ’n padreis om jou te inspireer om nader aan God te leef en volkome op Hom te vertrou.
Kom saam en leer Jesus Christus beter ken teen jou eie pas, begryp hoe innig God jou liefhet en hoe naby Hy regtig elke dag langs jou stap.
Soeter as heuning deur Jan Vermeulen is ’n kombinasie van dagstukkies en Bybelstudie, ideaal vir gelowiges wat bietjie meer as net ’n gewone dagstukkie wil hê, maar nie altyd tyd of die behoefte het vir ’n swaarwigtige Bybelstudieboek nie. Jy kan Soeter as heuning op enige stadium van die jaar, enige dag van die week lees, want die 52 vyfdagweke is nie aan datums gekoppel nie. Geniet hierdie besonderse boek wat jou lei om aktief in God se Woord te delf, in jou persoonlike stiltetyd, saam met ’n geesgenoot of tydens groepsbyeenkomste.
LUCA het ’n groot verskeidenheid boeke wat jou nader aan God sal bring. Met die Kersseisoen om die draai, het ons ook talle boeke wat ideale Kerskousvullers sal maak! Besoek gerus ons webtuiste hier, of maak ’n draai by jou naaste boekwinkel en stap saam met die Here die nuwe jaar in.
Al die LUCA-skakels op een plek:
- Kom saam (sagteband): https://ow.ly/LEql50Q2sRb
- Kom saam (e-boek): https://ow.ly/VsGR50Q2sRZ
- Soeter as heuning (sagteband): https://ow.ly/G3JG50Q2sRa
- LUCA: Fiksie: https://ow.ly/pgXV50Q2sTV
- LUCA: Nie-fiksie: https://ow.ly/mca550Q2sTZ
- LUCA: Kinder-en Jeugboeke: https://ow.ly/uoLp50Q2sTX
- Facebook: https://www.facebook.com/LUCALife.LUCALewe
- Instagram: https://www.instagram.com/lucalife_lucalewe/
- TikTok: https://www.tiktok.com/@lapapublishers
- Registreer vir die LUCA-nuusbrief: https://ow.ly/4FcS50PPCq1