Het jy Dag 4 gemis? KLIEK DAN EERS GOU HIER!!
Hierdie Sweet of Spicy lekkerte sou nie moontlik gewees het sonder ons borg, CLIMUX ZA nie. Dis borge soos hulle wat dit vir ons moontlik maak om voort te bestaan, en jou te bederf met huweliksraad en artikels! Voor jy verder lees, gaan “LIKE” asb hulle bladsy om ook jou ondersteuning te wys… Hulle reeks produkte hoort in elk geval in elke paartjie se huis… Hier is hul Facebook blad: CLIMUX ZA
Dis ook die laaste kans om in te skryf vir hul Valentynsdag kompetisie – loer heel onder in hierdie artikel vir die info!
Onthou jy slegs vaagweg die wasem teen die agterruit van sy Oranje Volla en julle ledemate wat akrobatiese toertjies gedoen het soos wat jy nie gedink het moontlik is nie? Dan is dit tyd om weer die slaapkamerdeur agter julle toe te trek… Hier is ‘n paar idees om jou verbeelding met jou te laat weghardloop! Sommige van hierdie idees verg bietjie beplanning… maar ander is so maklik soos…. Een, twee, wasmasjien!
Op hierdie bladsy:
- Jou “sweet or spicy” vraelys
- Planne vir ‘n sweet vanaand
- Planne vir ‘n spicy vanaand
- WEN ‘n Valentynsgeskenkpak
1) Jou “sweet or spicy” vraelys
Kom ons bepaal gou of julle vandag “sweet” of “spicy” is… Beantwoord die volgende vrae eerlik:
Wat kies jy?
A) ‘n Naweek by die huis
B) Twee woorde: Road Trip!
A) Ons eet altyd by ons gunsteling restaurant
B) Ons klim in die kar en kyk waar ons opeindig.
A) Ons verkies gastehuise en hotelle
B) So nou en dan is ‘n romantiese tentjie baie lekker!
A) Ons hou van roetine
B) Ons soek gereeld nuwe maniere, nuwe plekke, nuwe idees, nuwe posisies…
A) Ons het al seks in 20% van ons huis gehad
B) Kombuis, motorhuis, swembad… ons hele huis is ons speelveld!
2) Planne vir ‘n sweet vanaand… of sit dit solank op die “spyskaart” vir Valentynsdag!
Indien daar vanaand ietsie SWEET op die spyskaart is, oorweeg die volgende “venues”:
- Bespreek ‘n hotelkamer. Stuur vir hom ‘n whatsapp wat sê hy moet jou daar kry. Of beplan ‘n aand saam weg. Vermom julself en speel dat julle mekaar skelm daar ontmoet. Gaan afsonderlik in en skeur die klere van mekaar se lywe af!
- Seks op die kombuisblad. Jy het definitief al daarvan gehoor, maar het jy dit al probeer? Terwyl jy in die kombuis besig is, roep hom om jou met iets te kom help en wag hom dan in, met net jou voorskoot aan. As julle regtig dramaties kan wees, kan hy alles van die tafel af vee en jou op die blad tel.
- Wanneer niemand by die huis is nie, sê jy wil hom help kar was. Trek die kar in die agterplaas, dra ‘n wit T-hemp en ‘n bikini-broekie en help hom was. Die eindresultaat? Seks op sy kar se enjinkap – gewaarborg!
- Sê vir hom die wasgoed maak jou klaar en hy moet jou gou kom help om dit te gaan ophang. Wanneer julle in die waskamer kom, sit ‘n bondel klere in die masjien, skakel dit aan. Gaan sit dan op die wasmasjien en trek hom nader…
- Het jy al seks in ‘n wiegstoel gehad? Daar is mense wat beweer dit is die beste beweeglike seks wat jy kán hê. As seks terwyl julle beweeg een van jou fantasieë is, kan julle dit ook probeer op ‘n swaai, ‘n rondomtalie of in ‘n hangmat.
Moenie vergeet van Climux se reeks libido “booster” en vertraging gel vir mans nie… Kliek hier om meer te leer!
3) Planne vir ‘n spicy vanaand… of sit dit solank op die “spyskaart” vir Valentynsdag!
Indien daar vanaand ietsie SPICY op die spyskaart is, oorweeg die volgende “venues”:
- In ‘n swembad. Gaan vir ‘n naweek na ‘n vakansieoord, waar daar verkieslik ‘n stomende warm swembad is. As toegang verbode is, moet dit liefs nie waag nie. As julle ‘n swembad by die huis het, gaan dit ewe avontuurlustig wees, want die kinders moenie hoor dat daar in die middernagtelike ure gebaai word nie…
- Op sy kantoor se raadkamer-tafel! Wanneer hy laat moet werk, sê jy kom gou vir hom hallo sê by die werk. Maak seker niemand anders werk ook laat nie en trek jou stoutste onderklere onder ‘n groot jas aan. Verras hom. By Maandag se vergadering gaan hy sukkel om te konsentreer by die herinnering van jou op daardie einste tafel!
- As julle gaan kamp, is die opsies eindeloos. Gaan stap – solank die roete veilig is, kan julle enige tyd van die paadjie afdwaal en in die woud tussen varings gaan lê. Julle kan ook teen die wande van ‘n grot of in ‘n bergpoel seks hê. En in die aand is die tent daar. As julle alleen is, is ‘n lêplek langs die oop vuur nog beter.
Op die trappe. Min dinge is so romanties soos wanneer ‘n man sy vrou met die trappe op slaapkamer toe dra. Dit is egter nie nodig om eers by die kamer uit te kom nie. Die trapreling en feit dat die trappe verskillende hoogtes is, skep verskeie geleenthede vir allerlei interessante posisies.
Die lys is eindeloos. Enige spasie groot genoeg vir twee, is goed genoeg vir seks! Druk ‘n herinnering in elke kamer van jou huis af sodat jy oral die stempel van julle passie keer op keer kan herleef… en hê seks op soveel plekke soos julle kan. Wanneer julle weer daar kom, sal julle geheimsinnig glimlag en nét julle twee sal weet waaroor.
Indien jy of manlief bietjie ekstra energie benodig, is die CLIMUX reeks van produkte iets wat op jou SPICY lysie moet wees! CLIMUX Vitalemen gaan hom help met meer energie, beter seksuele prestasie en lewenskrag (KLIEK HIER: https://climux.co.za/products/for-men/vitalemen/) en vir haar is daar CLIMUX Vitalefemme – ‘n aanvulling wat op elke vrou se inkopielysie moet wees… Dis ‘n unieke produk wat ook jou seksuele prestasie en libido kan verbeter. (KLIEK HIER:https://climux.co.za/products/for-women/vitalefemme/). Die produkte is ook beskikbaar by jou naaste DisChem!
Skryf in en wen ‘n sweet AND spicy geskenkpak!
Wen ‘n Sweet En Spicy geskenkpak met ‘n chocolate fountain en hope verassings… dit alles met komplimente van www.climux.co.za – Aanvullings vir hom en haar! Dink net, met hierdie lekker prys kan julle ‘n muntstuk “flip” en besluit of julle by die SWEET of die SPICY deel van die geskenk wil begin…
Skryf so in:
STAP 1 – Voltooi jou besonderhede hier onder sodat ons weet waar om jou te kontak indien jy wen!
STAP 2 – Sodra jy jou besonderhede voltooi het, neem ons jou outomaties na die Climux ZA Facebook blad. LIKE die blad om jou inskrywing te bevestig. Indien die bladsy nie outomaties by jou laai nie, soek bloot vir CLIMUX ZA in jou Facebook app of volg die skakel: http://www.facebook.com/climuxza