Deur Elmari Mulder-Craig 

Promosie

Is jy een van talle vroue wat dink die “perfekte” lyf waarborg ’n perfekte sekslewe? Dink weer! Al wat vir gesonde bedsake nodig is, is ’n gesonde seksuele selfbeeld. 

Selluliet, saalsakke, borste wat lankal voor swaartekrag geswig het of die verandering in jou liggaamsbeeld as gevolg van ’n mastektomie . . . Is dit al wat jy raaksien as jy in die in die spieël kyk? Moenie moedeloos voel nie, jy is nie alleen in hierdie stryd teen die skaal en die spieël nie. Die monster is egter nie dié een wat vanuit die spieël na jou terugstaar nie, maar wél die een in jou kop wat jou wysmaak dat jy nie goed, mooi of begeerlik genoeg is nie. 

Die modewêreld en tydskrifte skryf vir ons voor wat sexy en mooi is – ’n maer vrou. Maar dit was nie altyd  nie. Talle beeldjies van vet vrouens wat uit die Steentydperk, ongeveer 25 000 gelede dateer, is gevind. Kyk na die dansende boere en hul vet boerinne in die skilderye van Brueghel.  

Promosie

Vet vrouens is sag en sensueel deur Rubens geskilder  die selluliet op die dye, stuitjievetjies, die dimpels op die boude. Die vrouens op die doeke gloei van lewenslus, terwyl hulle blosend vir hul bewonderaars oor eeue heen ontbloot word. Dan is daar Rodin wat die vet dye en boude van vrouens met oopgespreide bene uit dik klonte klei onder sy hande voel vorm het  sy hande bloot spieëls van die vrouens in sy lewe.  

Deur die eeue is dit bewys dat mans nie soseer geprikkel word deur ’n vrou se gewig nie – maar eerder deur die feit dat die vrou met hom seks wil hê, en dit geniet!  

’n Gesonde seksuele selfbeeld is belangrik om ’n gesonde en positiewe seksuele verhouding te verseker. Elke vrou is ’n unieke wese wat haar seksualiteit op ’n unieke manier beskou, uitdruk en ervaar. Of jy jouself as seksuele wese op ’n positiewe of negatiewe manier ervaar, hang grootliks van jou seksuele selfbeeld af en jou persepsies oor jou lyf. Dit word gevorm deur opvattings oor, en ingesteldheid teenoor seks en seksuele plesier, asook deur waardes en beelde wat met jou liggaam en emosies verband hou.  

Seksualiteit gaan oor veel meer as die blote seksdaad. ’n Vrou se seksuele selfbeeld het twee groot vyande: Haar liggaamsbeeld en die persepsie wat sy het oor wat “ideale” seks is soos dit deur die media uitgebeeld word.  

Deesdae word die idee van veelvuldige orgasmes wat ure duur en die feit dat ’n vrou altyd gereed en in die bui vir seks moet wees, byvoorbeeld as die ideaal en norm voorgehou. Boonop leef ons in ’n kultuur wat nog nie heeltemal wegbeweeg het van die idee dat seks iets is om oor skaam te wees en iets is waaroor nie gepraat word nie. 

Hoewel ’n negatiewe seksuele selfbeeld vroue nie noodwendig daarvan weerhou om seksuele verhoudings te hê nie, kan die ontevredenheid en angstigheid oor hulself mettertyd ’n demper op hul sekslewe plaas. Dit is onmoontlik om seks te geniet en jou oor te gee aan die genot van die oomblik as jy naarstiglik probeer om jou sogenaamde selluliet of ’n vetrolletjie op die verkeerde plek weg te steek.  

Selfaanvaarding en selfliefde is ’n voorvereiste vir ’n gesonde selfbeeld. Hoe meer vertroud jy is met jou eie seksualiteit, insluitende huidige en vroeëre persepsies en houdings teenoor seks, hoe meer selfversekerd en suksesvol sal jy in jou benadering tot die liefdespel wees. 

Seksposisies vir die groter figuur  

Die gewone sendeling-posisie laat vrouens gewoonlik gemaklik voel. 

  • Penetrasie van agter af terwyl jy op jou maag lê met ’n kussing onder jou heupe.  
  • Jou maat lê op sy sy en jy lê op jou rug om ’n “T” met hom te vorm terwyl jy jou bene oor sy heupe sit. Julle kan in mekaar se oë staar en hy kan jou borste stimuleer. 
  • Laat hom op die rusbank sit en sit bo-op hom. Jy kan selfs ’n mooi camisole aanhou as dit jou gemakliker gaan laat voel. 

Wenke vir gesonde seks vir die groter figuur  

  • Herinner jouself daaraan dat miljoene mense van alle groottes, vorms en kleure elke dag seks het en dit geniet. Wees realisties. Vra jouself die vraag af waarom dit vir jou so belangrik is om ’n sekere rokgrootte te dra en of dit werklik ’n verskil gaan maak as jou boarms of bene 2cm dunner is. 
  • Beoordeel die boodskappe vanuit die media krities. As jy en jou maat gelukkig is met julle sekslewe, is dit al wat tel. 
  • Maak ’n lysie van jou sterk punte wat die liggaamlike aanbetref. Het jy besondere mooi oë, hare of hande? Waardeer hierdie positiewe punte en herinner jouself gereeld daaraan. Onthou ook die meeste mans is nie naastenby so krities soos vroue nie. 
  • Staan kaal voor die spieël. Raak gewoond aan jou naaktheid en aanvaar jou tekortkominge, maar soek ook jou sterk punte uit. Waardeer die uniekheid van jou liggaam. 
  • Aanvaar komplimente met grasie en glo dit. 
  • Kyk ’n slag so krities na ander soos jy na jouself kyk. Jy sal agterkom daar is meer “gewone” mense as “perfekte” mense. 
  • Verbeter jou selfbeeld deur iets te verander wat jou goed laat voel. Verander jou haarstyl of kleur. Versorg jouself goed. 
  • Koop ’n lekker masseerolie en masseer jou maat se lyf, en ruil dan rolle om dat hy jou masseer. Dit sal julle albei laat ontspan, en jou ook meer in voeling laat kom met jou sensualiteit. 
  • Lees op en brei jou kennis oor seksualiteit uit. Eksperimenteer en leer jou eie liggaam ken. Onthou seksuele vervulling is ’n gawe. Jy verdien dit en het die reg om seks te geniet.  sal jy dit ook vir jou maat meer bevredigend maak. 

Glo jou maat as hy vir jou vertel dat jou liggaam vir hom aantreklik is  en hy sal jou soos ’n seksgodin vertroetel. Jou belangrikste seksorgaan is jou brein  as jy besef watter impak jou liggaam op dit het, en jy meer selfversekerd oor jou liggaam voel en sensueel optree, kan jou erotiese lewe weer sy sprankel terugkry.