Vinnig! Kry n stophorlosie byderhand want met dié romantiese idees, kan jou sommer gou-gou woema in jou huwelik blaas!

Promosie
  1. Vry mekaar in die openbaar! Sukkel julle met public affection? Stel die timer vir dertig sekondes in ‘n openbare plek soos ‘n restaurant. Kyk nou hoe lank en hoe innig julle mekaar in daardie dertig sekondes kan soen. Hou in gedagte dat die stophorlosie enige tyd kan afgaan en dat julle die meeste moet maak van elke oomblik gedurende julle smooch!
  2. Oefen saam en word ‘n span. Daar is min dinge wat so goed is vir ‘n huwelik soos maats wat saam met ‘n oefenprogram begin nie. Miskien kan julle sprints doen en mekaar se tyd meet. Boost jou maat as hy sy tyd verbeter het! Deur saam te oefen, word julle fikser (vir goeie seks!), julle het ‘n nuwe onderwerp om oor te gesels en julle voel sommer soos spanmaats…
  3. Trek ‘n papier en pen nader. Elkeen van julle kry twintig sekondes om dinge neer te skryf wat jou gaande maak oor jou maat. Dit kan areas van mekaar se lyf wees, karaktertrekke, gewoontes … maar moet alles positief wees. Die een met die langste lysie wanneer die stophorlosie beep, is die wenner en kan vanaand se slaapkamerspyskaart bestel!
  4. Gaan parkie toe. En neem die stophorlosie saam! Skep nou ‘n speel-speel hindernisbaan deur saam ‘n program uit te werk, byvoorbeeld: Twee keer met die glyplank af, vier swaaie op die swaai, vyf hoppe op die hobbelperd en tien draaie op die rondomtalie. Kyk wie se tyd is die beste! Dis lekker pret en sal julle herinner daaraan om soms saam laf te wees.
  5. Wat van ‘n sexy massering? Kry gepaste musiek, kerse en masseerolie gereed en maak beurte om mekaar te masseer. Stel die stophorlosie vir een minuut voor julle plekke ruil. En weer. Dit gaan frustrerend raak want net sodra die masseerder se massering begin stout raak, moet julle beurte maak. Die frustrasie sal egter bydra tot die afwagting – ‘n waarborg vir behoorlike stoom in die slaapkamer!
  6. Stel die stophorlosie vir ‘us time’. Besluit op ‘n bepaalde tyd, soos 17:20 elke middag. Los die stophorlosie in die kombuis waar almal kan sien en leer jou kinders dat dit tien minute is waarin pappa en mamma ononderbroke wil gesels. Hulle mag julle vir daardie tien minute lank glad nie pla nie, en as hulle haastig is vir ‘n spreekbeurt, kan hulle op die stophorlosie kyk hoeveel tyd oor is.
  7. Speel-speel Picasso! Kry houtskool, potlood of pen byderhand. Elkeen van julle moet ook ‘n goeie vel sketspapier hê. Stel die stophorlosie nou vir een minuut. Julle het daardie een minuut om mekaar se klere van jul lywe af te stroop en ‘n nude lynskets te maak! Dit sal jou wys hoe jou maat jou sien en jy sal heel waarskynlik verras met die resultate wees. As julle klaar is, kan julle voordeel trek uit die naakte situasie… of eers jul sketse meer detail
  8. Spring in die besemkas! Stel die stophorlosie vir vyf minute, roep manlief uit die kuiervertrek en spring in die besemkas terwyl daar gaste kuier. ‘n Quickie was nog nooit so opwindend nie! Julle tyd is min, daar’s mense in die huis en boonop kan die stophorlosie se beeper enige tyd afgaan… en die gaste kan kom ondersoek instel.
  9. Los jul konflik op. As een van julle daarvan hou om monoloë af te rammel sonder om werklik dialoog te gebruik, stop hom/haar met die stophorlosie. As hy té lank die televisie se afstandbheer beheer, span wéér daardie stophorlosie in vir vrede en regverdigheid in die huis!

 

Deur Annelize Steyn

Promosie