Vir die mooiste geskenkpapier
Neem ’n vel bruinpapier. Sny ’n klein hartjie uit karton en teken die hartjie af op verskeie plekke op die vel bruinpapier. Sny die helfte van elke hart se buitelyn uit met ’n papiermessie.
Vou nou die dele wat gesny is opwaarts en plak die vel bruinpapier op ’n vel rooi papier van dieselfde grootte.
Die effek is hartjies met dimensie en spatsels rooi wat onder uitsteek!
Maak ’n bak vol herinneringe
Tel ’n klippie op by elke plek wat jy en manlief saam besoek.
Skryf die datum en een woord op elke klippie neer (bv. 02/08/2001 Wittebrood) en stal al die klippies in ’n bak uit.
Mettertyd sal die bak vol word van klippies en uiteraard herinneringe!