Dames, wanneer dit by “daai-tyd-van-die-maand” en die simptome daarvan kom, is ons almal in dieselfde bootjie. Daar is ‘n paar name daarvoor – maandstonde, periods, oumatjie, rooi-gety, menstruasie, kalenderkoors, die rooi karretjie – ja! mense gee snaakse name vir dit.
Punt is…ons almal het al ‘n persoonlike ervaring gehad waar iemand, of jyself, in ‘n PMS-Monster verander. Dit kan selfs die mees vriendelikste persoon is ‘n monster laat ontaard. Die krampe, kopsere en mood-swings kom groet ons elke maand – en dit voel soos ‘n vuishou in die maag – letterlik! Ons sukkel om met al die emosies te deal. Ons sal huil, net om 5 minute later te lag, en dan te wonder waaroor ons eintlik getjank het. Ons eet kos; dan huil ons daaroor, dan raak ons kwaad omdat ons dit geëet het…blameer dan almal en huil dan weer daaroor…en begin dan sommer weer van vooraf te eet. En wanneer jy skelm ‘n tjoklit eet is dit asof daai tjoklit vir jou sê: “Whêlla…ek gaan sit nou lekker op jou heupe!”
Let’s face it…menstruasie is net soveel erger as om swanger te wees, want wanneer jy swanger is het jy tenminste ‘n “verskoning” om te mag eet. Maar wanneer jy jou menstruasie het, het baie min (indien enige) mense simpatie met jou.
Ons lyf is seer, ons kop is seer, dit voel of ‘n vet oom op jou uterus sit, en dit voel of alles op die vloer sleep. En dan boonop is jou maag so geswel dat dit voel (en lyk dalk) of jy vier maande swanger is. Niemand moet skeef na jou kant toe kyk nie of durf om ‘n foto op jou Facebook te gaan like nie. En dis ‘n feit…Lion King sal veroorsaak dat daar kliphard getjank word…snot en trane!
Van die (min) goeie dinge oor dit is… (1) ons weet dat…uhm…alles nog in werkende toestand is en (2) dis altyd nice wanneer jy en ‘n vriendin “sync” en dan saam “daai tyd van die maand” het – dit help net dat jy minder alleen voel (for what it’s worth).
Ek het al soveel keer gehoop en gebid dat my man my net moet verstaan in die tyd. Maar die punt is…hulle sal nie…hulle kan nie. Al probeer hulle hoe hard…al probeer ons hoe hard dat hulle moet. Mans is nie aanmekaar gesit soos ‘n vrou nie. Hulle praat minder as ons, hulle wys minder emosie, hulle raak nie swanger nie, hulle skenk nie geboorte nie, en hulle kry nie menstruasie nie! Hulle het nie ‘n uterus nie!
Maar hoe verwag God moet ons optree in die tyd wanneer ons menstrueer?
Niemand is gemaak om ooit iets alleen deur te maak nie. Dit is hoekom God die man en die vrou geskape het. Dit help om iemand te hê op wie jy kan staatmaak en as dit jou man is…is dit great. Dit is okay vir ons om soms alleen tyd te wil hê – selfs Jesus wou soms alleen tyd hê toe Hy op aarde was. Maar wanneer ons in ‘n PMS-Monster verander kan dit onnodige konflik tussen man en vrou veroorsaak. In 1 Korintiërs 13:5 waar daar gepraat word oor die liefde word dit in Engels baie mooi gestel:
“…it isn’t rude, it doesn’t seek its own advantage, it isn’t irritable, it doesn’t keep a record of complaints”
En een van die dinge wat deel vorm van die vrug van die Gees is selfbeheersing. Titus 2:5 stel dit ook so mooi:
“…to be self-controlled, pure, working at home, kind, and submissive to their own husbands, that the word of God may not be reviled.”
Kom ons bid en vra vir God om vir ons te seën met selfbeheersing wanneer ons volgende menstruasie aan ons uterus kom klop
Groete
~M~
#VROUWEES
#VSE