Sommer ‘n bederf vir jou!
Laai gratis hier af: Huwelik Advent Kalender 2023
Hiermee die teks indien jy sukkel om die PDF af te laai:
‘Huweliks-Advent Kalender‘ 2023 – Spesiaal vir Julle 2!
- Liefdesbrief: Skryf ‘n liefdesbrief vir mekaar om julle 24-dae af te skop
- Sensuele Massering: Gaan vroeer kamer toe; ligte af en kerse aan, bad of stort en gee mekaar ‘n massering met geurige olies.
- DIY Dag: Werk saam aan ‘n romantiese DIY projek bv ‘n ‘Date Night Jar’; verf saam ‘n canvas; doen mosaic saam; maak iets uit hout (google/pinterest/chapgpt nog lekker idees).
- Onthou Aand: Dink terug oor julle gunsteling herinneringe van 2023 en deel dit met mekaar.
- Kerslig-bad: Ontspan saam in ‘n kerslig-bad met mooi musiek. Gooi iets spesiaal in om te drink.
- Sterre Fliek: Kyk na ‘n romantiese fliek onder die sterre.
- ‘Volunteer’: Doen iets saam vir ander. Maak ‘n verskil. Al is dit aan een ander mense se lewe.
- Skuim party: Bad saam en kyk hoeveel skuim julle kan maak – dis speeltyd!
- Ontbyt in die Bed: Gaan maak saam ontbyt en eet dit in die bed. As paartjie of as ‘n gesin. Maak dit spesiaal en pret.
- Avontuur Pot: Skryf avontuur idees vir toekomstige afsprake neer. Gooi dit in ‘n ‘date night jar’. Binnekort gaan julle kans kry om een te trek.
- Droom saam: Deel julle drome – realisties en onrealisties!
- Nuwe Resep: Maak vannaand saam kos en probeer ‘n nuwe resep!
- Muskiek en Dans: Maak ‘n playlist met al julle gunsteling liedjies en dans in die kombuis.
- Komedie aand: Kyk ‘n snaakse fliek of dalk ‘n ‘comedy show’ op YouTube en lag saam.
- Blinddoek Proe Toets: Verken verskeie smake terwyl julle blinddoeke dra.
- Avontuur Pot: Trek ‘n idee en gaan doen dit!
- Uit vir Nagereg: Eet hoofgereg by die huis en gaan uit na ‘n restaurant vir nagereg!
- ‘Affection exchange’: Deel liefdevolle woorde, dade, geskenkies, drukkies en soene. Al vyf liefdestale deur die dag.
- Bid saam: Neem vandag tyd om saam te bid en die Here te dank vir Sy goedheid en alles wat julle beleef het die jaar.
- Sagte Soene: Deel sagte en soet soene deur die dag met mekaar.
- Google ’36 Questions for couples’ en vra mekaar die eerste 18. Maak beurte om elke vraag te antwoord en pas aan vir julle eie omstandighede waar nodig.
- Die ander 18: Antwoord vannaand die ander 18.
- Sonsopkoms of ondergang: Pak koffie of wyn. Hou hande vas. Geniet die oomblik.
- Belofte: Maak ‘n spesiale belofte vir 2024 aan jou lewensmaat.