Liezel van der Merwe
  • Besturende Redakteur

As Besturende Redakteur en mede-eienaar van Media in Africa, is Liezel die stigter en dryfkrag agter INTIEM. Sy het dié tydskrif ‘n dekade gelede begin tot waar dit vandag ‘n vinnig-groeiende publikasie vir getroude pare en huishoudelike naam regoor Suid-Afrika is. Liezel streef na voortreflikheid. Haar hart was van die begin af op die regte plek en INTIEM is vir haar meer as slegs ’n besigheidswaagstuk . . . dit is ‘n roeping: Om ‘n kultuur van heel huwelike te skep.

“Gered en gelukkig!”

Annelize Steyn
  • Redakteur

Annelize het eenvoudig net ’n slag met woorde en sy verstaan en ken ons lesers. Annelize het vanaf die eerste uitgawe lewendige artikels gelewer wat ’n mens se hart áánraak. Annelize samel ook inligting in, voer onderhoude en omskep enige artikel in ’n kunswerk. Sy stel die inhoud van INTIEM saam, koördineer dit en bestuur dit.

“Life isn’t about waiting for the storm to pass, it’s about learning to dance in the rain.”

René Basson
  • Besigheids- en Bemarkingsbestuurder

René hanteer al INTIEM se gebeurtenisse (couples- en vrouedae en INTIEM se voorblad-fotosessies) doeltreffend. Met haar buitengewone bemarkingsbegrip, speel René ook ’n integrale rol wat INTIEM se bemarking, ons lesers-subskripsies, ons medewerkers, lesers-databasisse, die verspreiding van INTIEM en logistiek betref.

 “Life is like a box of chocolates…”

Roxanne Mancini
  • Advertensie Bestuurder

Roxanne is ons intuïtiewe advertensiebestuurder wat opleiding, ondersteuning en kliëntprosesse hanteer. Roxy bestuur ook ons CRM (Savana) and hou toesig oor verkoops- en aktiwiteitsvergaderings. Sy speel ’n integrale rol in die bemarking van Media in Africa as ’n geheel en hou toesig oor alle sleutelrekeninge wat met INTIEM verbind is.

“One is too a small number to achieve greatness!”

Jacky Billau
  • Senior Advertensie Rekening bestuurder

Jacky is verantwoordelik daarvoor om advertensiespasie in die INTIEM-tydskrif te verkoop. Sy het omvattende kennis van die mediabedryf en is alreeds tien jaar by INTIEM. Jacky is ’n groot bron van inligting vir INTIEM se kliënte en is bekend daarvoor dat sy suksesvolle, deurlopende advertensieveldtogte inisieer.

“Doing business without advertising is like winking at a girl in the dark. You know what you are doing but nobody else does.” – Steuart Henderson Britt 

 Leanne Eksteen
  • Grafiese & uitleg ontwerper

Leanne is ons “make-it-happen” kreatiewe grafiese en uitleg ontwerper wat daarin spesialiseer om oortuigende advertensie-artikels en artikels wat die oog vang te ontwerp. Sy maak INTIEM lewendig met pragtige uitlegte wat ’n mens met elke omblaai na die volgende bladsy verras! Wees verseker dat sy iets gewoon in iets buitengewoon sal verander.

 Aren’t the “good things that come to those who wait” just the leftovers from the people that got there first?

Tania Wannenburg
  • Digitale bestuurder

Tania is die bestuurder van die digitale afdeling by Media in Africa.  Sy is verantwoordelik vir die oorkoepelende digitale strategie (en implimentering daarvan) vir die hele maatskappy en is die “go to” persoon wanneer daar ‘n digitale krisis opduik.

“Tel die klippe op wat ander na jou gooi en bou ‘n mooi toekoms daarmee.”

Geraldine Murray
  • Digitale Koördineerder

Geraldine is die digitale koordineerder en maak seker alles verloop vlot as dit kom by al die digitale aspekte van INTIEM – van Facebook en Twitter tot die INTIEM webtuiste, kompetisies en alles tussenin. Sy werk saam met Tania om die digitale platvorm van INTIEM (en die ander Media in Africa platforms) uit te brei en in beheer te hou.

“Peace of mind is attained not by ignoring problems, but by solving them.” – Raymond Hull

Lizzy Mathibela
  • Ontvangs en digitale assistent

Lizzy is die eerste vriendelike gesiggie wat jy sien wanneer jy by die kantoor instap. Sy is beroemd vir haar “Lizzy koffies” en maak seker dat alles in die ontvangsarea glad verloop. As jy enige iets oor INTIEM wil weet, is sy die persoon om te vra. Sy help ook om inhoud in te samel vir ons verskeie digitale platforme.

“Use friendliness, but do not use your friends”.

Monja Basson
  • Assistent Media Bestuurder

Monja is INTIEM se Assistent Media Bestuurder en steunpilaar wat al die advertensiemateriaal en redaksioneel-verwante kwessies hanteer. Monja maak seker dat INTIEM se produksie proses glad verloop. Sy speel ‘n belangrike rol in die kwaliteit en prosesbestuur van INTIEM. Dié uitsonderlike raakvatter sal ook met kliënte skakel om materiaal te versamel, help met verkope-administrasie en alle finale goedkeurings verkry.

“Mag daar altyd mense wees wat mekaar sonder skaamte in die oë kan kyk” – Breyten Breytenbach

Sarie Daniel
  • INTIEM Subskripsies

Sarie is INTIEM se ster wanneer dit kom by alle subskripsies (print en digitaal). Sy help INTIEM intekenaars met enige subskripsie relevante navraag en moet ook gereeld ‘n haas uit die hoed ruk as iemand se pakkie in die pos verdwaal.

“Die Here help almal wat geval het, en die wat swaarkry tel Hy op.”

Gerda Cowley
  • Finansiële bestuurder

Gerda is die persoon wat ‘n wakende ogie oor die INTIEM tjekboek hou en seker maak dat INTIEM se boeke elke maand klop!

“Be who you are and say what you feel because those who mind don’t matter and those who matter don’t mind.”