Kan jy jou troubeloftes onthou? Maak dit sin en is dit enigsins nog relevant in jou oë? Dit is dalk tyd om jou beloftes te hersien en ’n splinternuwe gedragskode vir jou huwelik saam te stel.
Wat is jou herinnering van jou troubeloftes? Het julle jul eie beloftes neergeskryf of, blind deur ’n waas van verliefdheid, bloot die predikant se woorde herhaal? Dalk het hy oor sy woorde gestotter en miskien het jy só gehuil dat jy joune nie kon lees nie. Hoe dit ook al sy, mettertyd vervaag daardie herinneringe. Baie mense was só opgesweep deur die oorweldiging van hul troudag dat hulle net mooi niks kan onthou nie.
Liezel (Redakteur) gesels met Ruben en Charonike in die GrootFM studio en help jou om ‘n spesiale kode vir jou huwelik te ontwikkel. uister gerus saam! Kliek op blokkie. Slegs klank, geen video.