Alhoewel meeste mans wil glo dat hulle onoorwinlik in die slaapkamer is, is die realiteit dat baie faktore soos emosionele en psigologiese stres, oorgewig, hoë bloeddruk, veroudering, ’n afname van testosteroon en diabetes, opwekking en prestasie in die slaapkamer kan inhibeer. Slegs een mislukking – ongeag die rede – kan uitkring na angstigheid, twyfel oor vermoë en sy selfbeeld afbreek. Die effek van verskeie mislukkings in hierdieé afdeling kan verwoestend wees, lei na verwarring, ’n tekort aan selfvertroue en dit kan uiteindelik ’n wig forseer tussen die mees liefdevolle paartjie.
Opwekking is ’n totaal natuurlike en biologiese reaksie wat vir meeste mans moeiteloos verrig word. Dit verander egter nie die feit dat dit reguleer word deur ’n spesifieke en gekompliseer volgorde van gebeure in die liggaam nie. Enige iets wat hierdie volgorde steur kan ’n “normale” reaksie en die vermoë om ’n bevredigende, spontane ontmoeting te bereik, verhoed.
Baie mense verkeer onder die wanpersepsie dat, alhoewel begeerte bestaan, die onvermoë om ’n bevredigende fisiese en intieme ontmoeting te bereik, hoe ouer mens word, onvermydelik moet wees. Alhoewel dit ’n toestand is wat meer algemeen geassosieer word met mans vanaf 40 jarige ouderdom, is dit nie ’n gegewe nie en die goeie nuus is dat die toestand grootliks behandel kan word. Soms is die probleem kortstondig en klaar dit spontaan op. Leefstyl veranderinge (1), soos ’n gesonder dieet en oefening kan prestasie verbeter, in die geval waar die disfunksie minder ernstig is. Natuurlik sal hierdie veranderinge nie help wanneer die probleem meganies is nie, dit kan die geval wees met – ’n fisiese besering of in meer ernstige mediese toestande. Die onvermoë om in die slaapkamer te presteer kan ook ’n aanduiding wees van ’n hartkwaal (2-3). Daarom stel ons voor dat, dat jy, ongeag hoe veel van ’n verleentheid dit mag wees, jy jou bekommerdnis m.b.t. jou prestasie met jou dokter sal bespreek om enige onderliggende toestande uit te skakel.
Dit is egter opwindend dat nuwe produkte gedurig ontwikkel word wat ’n man se vermoë bewaar, om spontaan op ’n maat se stimulasie te reageer. Die mees onlangse oor die toonbank produk wat bekendgestel is, is Prelox® van Lamelle Research Laboratories. Dié natuurlike produk met ’n gepatenteerde komplekse samestelling het belowende resultate getoon wanneer twee tablette daagliks voor oggendete geneem word. Die studies het ook getoon dat hoe langer die produk gebruik word, hoe meer effektief dit is (4-5). Dit is klaarblyklik nie ’n produk wat impulsief gebruik kan word vir ’n onmiddellike reaksie nie, maar dit is eerder ’n aanvuller wat ’n lang-termyn toewyding vereis. Mans wat Prelox neem het meer vertroue (6) in hulle vermoë om normale funksionaliteit te herwin.
Prestasie angs is ’n groot probleem en dit moet versigtig hanteer word en ’n onvermoë om te presteer is nie die lot waarmee mans hoef saam te leef nie. Studies toon dat mans wat Prelox neem meer gereeld bevredigende intieme oomblikke met hulle maat geniet. Dit op sig self blyk ’n beskermende middel te wees teen moontlike toekomstige probleme (7).
Prelox is beskikbaar by toonaangewende apteke.
Om te bestel, volg die skakel: lamelle.co.za/shop
Verwysings:
1. Lamm S, Couzens GS, The hardness factor, HarperCollins Publishers, 2005.
2. Miner MM, Kuritzky L, Erectile dysfunction: a sentinel marker for cardiovascular disease in primary care, Cleve Clin J Med,2007;74:30–37.
3. McCullough AR, The penis as a barometer of endothelial health, Rev Urol, 2003;5:3–8.
4. Stanislavov R, Nikolova V, Rohdewald P, Improvement of erectile function with Prelox: a randomized, double-blind, placebo-controlled, crossover trial, Int J Impot Res, 2008;20:173–80.
5. Ledda A, Belcaro G, Cesarone M, et al., Treatment of erectile function with Prelox®, Phytomedicine, 2009; submitted.
6. Lamm S, Schönlau F, Rohdewald P, Prelox for improvement of erectile function: A review, Eur Bull Drug Res, 2003;11:29–37.
7. Koskimäki J, Shiri R, Tammela T, et al., Regular intercourse protects against erectile dysfunction: Tampere Aging Male Urologic Study, Am J Med, 2008;121:592–6.