Is jy die slagoffer van ‘n lastige siektetoestand wat jou Suidelike Halfrond geteiken het? Maak seker jy weet wát jy het en hoe om dit te behandel…

Promosie

As vroue is ons geneig om onsself laaste te stel. Jy ken verskillende kinder-antibiotika’s by die naam, jy weet wat om te maak as jou man verstik, jy kan nebuliseer, ‘n koors breek en ‘n grass burn dokter wees… maar wanneer dit by jou eie gesondheid kom, is jy in die duister.

Hoekom? Want ons is gekondisioneer om te dink ‘n vrou mag nie siek word nie. ‘n Vrou moet ‘n disprin sluk, die pyn ignoreer en dapper glimlag. So ingelig soos wat die meeste vroue is oor hul gesinslewe se siektes, só min weet ons van dié toestande wat tot óns geslag beperk is. Ken jy byvoorbeeld die verskil tussen bakteriële
vaginose en gis-infeksies? En weet jy daar is iets soos chroniese urienweg-infeksie?

Bakteriële vaginose en gisinfeksies het moontlik simptome wat kan oorvleuel, maar die behandeling daarvan verskil. Vir jou gisinfeksie kan jy met oor-die-toonbank medikasie klaarkom. Bakteriële vaginose verg voorskrifmedikasie. Dit is die gevolg van die oorgroei van sekere organismes wat in die vagina teenwoordig is. Wanneer die slegte bakterieë soveel raak dat dit die goeie bakteriee oorheers en die natuurlike balans van mikro-organismes in die vagina versteur, kan bakteriële vaginose ontstaan.

Promosie

Daarteenoor word gisinfeksie deur ‘n fungus met die naam Candida veroorsaak. Candida is’n mikro-organisme wat normaalweg in jou vagina teenwoordig is. Daar is ‘n gebalanseerde hoeveelheid gis en bakterieë in die vagina. Wanneer die vagina se balans versteur word, is daar ‘n oormaat gis. Oorsake sluit in antibiotika-gebruik, geboortebeperking wat estrogeen bevat, swangerskap, verswakte imuunstelsels en onbeheerde diabetes.

Bakteriële vaginose veroorsaak ‘n afskeiding wat dun en grys of geel is en ‘n visreuk het. Met ‘n gisinfeksie is daar gewoonlik nie ‘n reuk ter sprake nie, maar simptome sluit ‘n gejeuk en ‘n brandsensasie in (wat bakeriële vaginose nie gee nie).

‘n Urienweg infeksie is ‘n infeksie wat enige deel van jou urienstelsel kan aantas (jou niere, jou blaas en jou uretra). Die meeste hiervan besmet die lae urienweg (die blaas en uretra). Dit kan ‘n seer en ‘n lastige siekte wees en kan gevaarlik wees as dit na jou niere versprei, daarom behandel dokters dit gewoonlik met antibiotika. As jy voel asof jy heeltyd die toilet moet besoek, ‘n brandsensasie het wanneer jy urineer, net bietjies-bietjies urineer, en pyn ervaar, het jy moontlik urienweg-infeksie. Verdere simptome sluit in dowwe urine, urine wat ‘n sterk reuk het, of rooi, pienk of bruinerig voorkom.

Daar is egter wonderlike produkte op die mark wat kan help om vrouesiektes soos dié te verhoed. Die Femina skommel is dié eerste probiotika wat in ‘n gereed-om-te-drink poeier formule beskikbaar is.

Dié produk beskerm jou spysverteringstelsel, jou genitale gesondheid en jou urienweg-gesondheid. Vir meer inligting of om jou Femina Synbiotic Meal Replacement (400g) aan te skaf, besoek https://femina.space/. En as jy nie seker is of jou infeksie bakteriële vaginismeof ‘n gisinfeksie is nie, vra jou apteker vir ‘n Femina BV toets.