Het jy geweet jy kan die Franse Riviera reg hier in Suid-Afrika ervaar? Jy kan die son sien opkom in geel, pienk en oranje oor die waterkanale soggens, langs die swembad lê met jou gunsteling boek, en laatmiddag op ‘n motorboot vaar deur die kanale – kompleet soos ‘n glanspersoonlikheid.

Promosie

Dit is ‘n ervaring wat ek self nog nooit van tevore beleef het nie en ek was verstom toe ek die geleentheid kry. Bestaan so ‘n plek in Suid-Afrika? Is dit nie net vir die rykes en beroemdes nie? Groot was my verrassing toe ek Thesen Island, in Knysna, ontdek.

Ons het laas jaar by Thesen Harbour ontbyt gaan eet. Na ontbyt het ons rond geloop en die seiljagte wat op die Knysna meer lê, bewonder. Ons het geloop tot op die boogbrug met sy hek wat gesluit is. ‘Slegs inwoners’, stop die bordjie ons. Dis die ingang na Thesen Island en ek wonder hoe lyk dit aan die anderkant van die hek, hoe dit moet voel om daar te bly.

Promosie

Vyf maande na Thesen Harbour en die toe hek, ontmoet ek ‘n lieflike Amerikaanse vrou, Jo, by Kruger Shalati. Ons kyk saam hoe die son sak oor die Sabie rivier. Sy vertel van hulle liefde vir Suid-Afrika. “We always come back in Decembers. We have a house on Thesen Island.” Wat? Sy bevestig my vermoede – dis inderdaad vir die rykes en beroemdes. Maar Jo belowe om ons te nooi en Desember kry ek ‘n boodskap “Come have dinner with us on the Island”. Op daardie stadium is ons egter in Hoedspruit. Ons belowe ‘n volgende keer.

Februarie onthou ek van Jo. Ons nomadiese reis avonture maak my dapper en ek stuur ‘n boodskap “Is your house on Thesen Island for rent?” Ek hou asem op. As sy ja sê gaan dit dalk ‘n fortuin kos. Jo antwoord amper dadelik – “Yes, we have the most amazing agents, I’ll message them”.

Ons gesels en kom op ‘n prys ooreen vir ‘n langer tydperk plus die belofte van bemarking op INTIEM, want ek weet, hierdie is die een plek wat ek die wêreld gaan oor wil vertel.

En so, stap ons in Maart deur die hek wat eens toe was. Dit is iets wat ek al baie geleer het. Toe deure kan oop. Ons moet net vra, dalk ‘n plan maak.

Die lewe op Thesen Island is onbeskryflik. Ek vermoed dis ‘n ervaring wat ek tot op my oudag sal onthou. Die lewe hier draai om die water—die eilandbewoners roei of staanroei vanaf hul privaat jettys, ry fiets deur die straatjies en geniet die sagte gedruis van bote wat deur die kanale gly. Oggende word dikwels op ’n sondeurdrenkte dek deurgebring met ’n koppie koffie in die hand, terwyl visse deur die helder water swem. Saans loop die mense hand aan hand langs die waterfront, met stoppe by boetieks, koffiewinkels en seekosrestaurante. Dis ‘n plek waar tyd gaan stilstaan en die wêreld beeldskoon mooi is.

Jo se huis is Solare 34. Dis ‘n droomhuis en een wat jy op jou ‘bucket list’ moet sit. Die huis is reg op die waterkanaal. Vier slaapkamers met elk ‘n eie badkamer. Drie van die kamers het ‘n dubbel-, koningin- of koningsbed en een kamer het twee bunk beds wat vier kan slaap. Die huis is stylvol en het ‘n oopplan-leefarea met deure wat heeltemal oopskuif om ‘n buite-binne vloei te verseker. Daar is ‘n moderne, kuier kombuis met alles wat jy ooit kan benodig vir ‘n feesmaal, en ‘n binnebraai met eetkamertafel. Die beste deel? Die dek. Soos jy uitstap belowe die braaier en buite tafel alreeds kuiertyd. Die swembad se blou water vonkel helder. Met drie trappies af is daar ‘n somer gazebo kuier plek en twee dek stoele staan reg langs dit vir luilekker middae. Om alles af te rond—‘n ekstra vuurherd met stoele, plus ’n kanoe en paddle staanbord om self deur die skilderagtige waterweë te vaar.

Om hier te leef is ‘n droom. Jy sukkel om die huis te verlaat! Ek het myself telkemale gekry met net ‘n dankgebed – “Here, dis so mooi, dankie!” Die kuiers, die water, die stil oomblikke, die leef, die lag, die feesmaaltye – elke sekonde, onvergeetlik.

En as jy jouself kan kry om die eiland te verlaat is Knysna propvol doen dinge – ‘n vaart op die Knysna meer, East Head Café wat uitkyk op die see, opstap tot bo by die koppe vir die beste uitsig, winkels, restaurante, staproetes in die Knysna bos, en ‘n dorp wat elke nou en dan jou verras met ‘n gebeurtenis soos ‘n Italiaanse straatfees.

 

Solare 34 is beskikbaar vanaf R4500 per dag (buite seisoen), en Desembers teen R8750 per dag. Minimum 3 nagte. Perfek vir gesinne of ‘n vriendegroep! Thesen Island Holiday Living is die agentskap om te kontak om hierdie droom ‘n realiteit te maak.

Lus om binne te loer? Kyk die YouTube video op Solare 34 se bladsy –  https://www.thesenislandsholidayliving.co.za/solare-34-on-thesen

Selfs vir ons wat baie reis was Thesen Island ‘n absolute hoogtepunt en beslis ‘n wegbreek wat jy nooit sal vergeet nie! Bespreek vroegtydig – hierdie huis is baie gewild. Jou direkte kontak is Magru 082 787 1427 by Thesen Island Holiday Living. Jy kan ook op die webblad bespreek: https://www.thesenislandsholidayliving.co.za/solare-34-on-thesen

Hierdie is nie net ‘n vakansie nie, dit is ‘n belewenis! Maak dit joune – kontak Thesen Island Holiday Living vandag!

 

               

Deur Liezel van der Merwe