Ek is in ’n verhouding met ’n gestremde man. Op die oomblik gaan ons deur ’n laagtepunt in ons verhouding en hy is negatief omdat geldprobleme hom begin vang. Ek wil hom só graag bystaan, al stoot hy my weg, maar ek weet nie regtig hoe om dit te doen nie. Kan julle my asseblief help? Ek weet regtig nie meer watter kant toe nie! Ek wil ook hoor: Is dit verkeerd om op ’n gestremde persoon verlief te wees en vir hom lief te wees? Om eerlik te wees, ek sien ’n toekoms saam met hom, maar ons het ’n ver pad om te stap en ons wil eers saam aan ons geloof werk.
Gustav en Elna Muller antwoord:
Dit is belangrik om te weet dat daar niks mee verkeerd is om vir iemand wat gestremd is gevoelens te hê nie. God bring mense oor mekaar se pad en gevoelens ontwikkel – dit is baie normaal. Verder is dit só dat alle verhoudings uitdagings het. Alle verhoudings gaan deur maklike en moeilike tye. Nie almal hanteer die uitdagings egter dieselfde nie. Dit klink of hy jou wegstoot en homself wil isoleer as dinge moeilik gaan.
Die beste benadering in só ’n situasie is sagte, onvoorwaardelike liefde. Reik uit sonder om moorddadig te wees. Vra hom hoe jy hom kan ondersteun sonder om jouself af te dwing. Om eers saam aan julle geloof te werk, is natuurlik die beste ding wat twee mense kan doen. Doen dit sonder om uit te stel. ’n Paartjie wat saam kan Bybelstudie doen, saam kan bid, saam kan kerk toe gaan en bereid is om saam diensbaar te wees vir God se koninkryk, is dadelik nie meer net twee nie – dan is hulle soos die driedubbele tou waarvan Prediker 4 praat.