Wat moet jy glo as jy pornografie op jou man se foon kry en hy ontken hoog en laag dat dit nie hy was nie? Kan dit so gebeur of nie? En hoe vertrou jy weer?
Peter Edgar, huweliksberader, antwoord:
Sosiale media het ‘n epidemie geword. Dit is heeltemal indringend en dit neem so maklik beheer oor elke gebied van ‘n mens se lewe. Daarby het dit die norm geword om absoluut enige iets te deel. Selfs net ‘n paar jaar terug sou mense nooit kon droom daarvan, of dit self oorweeg het, om foto’s van huleself aan iemand anders te stuur nie, laat staan nog iets pornografies. Nou het dit iets alledaags geword en mense is oor die algemeen glad nie skaam om hierdie tipe goed na iemand anders se foon toe te stuur nie. Dit gesê, daar is altyd ‘n moontlikheid dat iemand hierdie goed aan hom gestuur het sonder sy toestemming, of dit op sy foon gelaai het sonder sy wete. Of dit nou waar is of nie, dit is die ideale geleentheid vir julle om oor pornografie en julle sienings daaroor te praat. Julle moet openlik met mekaar daaroor praat en eerlik wees oor hoe dit julle laat voel. Dit sal julle help om enige verdere voorvalle openlik te kan hanteer en weer jou vertroue in hom te herstel.
***
Kom in kontak met Peter Edgar vir huweliksberading en -ondersteuning. Kliek hier!