Jong, ek weet nie waar om te begin nie: Ek is 27 jaar oud en die afgelope drie maande getroud met ’n wonderlike man. Ek raak nie meer lus vir seks nie. Hy dink dis sy skuld en dit is nie. Dis medies – ek het Polycystic Ovary Syndrome (PCOS) en ek reken dis die probleem. Ons het nie medies of geld vir ’n dokter nie. My man is, soos enige man, lief vir seks en ek is bang ek verloor hom hieroor. Ek het nou al alles gelees en volgens die kenners kry ’n mens nie ’n pil om ’n vrou lus te maak nie. Wat kan ek doen?

Wilmé Steenekamp, mediese dokter, sielkundige terapeut en seksuoloog antwoord:

Om ’n antwoord te kan gee, het ek nodig om die volgende te weet: Het jy vroeër lus geraak vir seks– hoe lank is dit nou dat jy nie meer lus raak nie? Is jy insulien-weerstandig? Is jy dalk oorgewig?

In breë trekke, sou ek die volgende voorstel: Kry inligting oor ’n lae GI dieët, ’n gesonde oefenplan waarby jy sal kan hou en toets jou insulien-weerstandigheid. Dié drie is die pilare vir die behandeling van PCOS en verwante probleme. Kry soveel as moontlik raad en eksperimenteer met jou seksualiteit en seks in julle verhouding! En onthou: Insulien-weerstandigheid moet met medikasie behandel word.

Promosie