Hou manlief van sy eier en roosterbrood?

Maak dit vir hom ekstra spesiaal deur een sny brood te neem en met ’n hartjie-koekiedrukker ’n hart daaruit te druk. Plaas die brood in ’n pan met gesmelte botter en breek ’n eier in die holte (jy kan die hartjie wat uitgedruk is, solank in die broodrooster plaas). Bak tot gaar en siedaar.