Neem een leë Consol-bottel en twee foto’s van julle twee. Swart-en-wit foto’s gee ’n treffende effek.

Plak die foto’s rug-teen-rug aan mekaar vas en laat dit binne-in die Consol-bottel staan.

Vul nou die bottel met olie. Jy kan die olie ook geur met ’n laventeltakkie. Geel olie laat swart-en-wit foto’s oud en antiek lyk. Vir ’n vars en meer moderne voorkoms, gebruik baba-olie saam met kleurfoto’s.