Is manlief ’n groot sportliefhebber? Jy hoef nie droëbek eenkant te sit as hy vasgenael is voor die televisie nie. Só kan jy kompeteer met sy gunsteling span en ook ’n touchdown kry. 

Promosie

Durex, die kondoom-vervaardiger, het in ’n studie gevind dat 40% van mans seks sal oorslaan om ’n belangrike game te kyk. Wie sou dit kon dink! Maar voor jy dit oorweeg om die afstandbeheer weg te steek of die televisie se draad af te knip, hoekom nie seks en sport kombineer nie? Dan hoef manlief mos nou nie die een of die ander te kies nie. Wat gaan jy daaruit kry? Jy gaan soveel punte in manlief se boekie opbou dat jy die voorloper vir die hele seisoen gaan wees!

Dress for “sex-cess”

Jy ken die storie: Mans word gestimuleer deur wat hulle sien. En jy het nou stywe kompetisie! Trek sy aandag deur in jou cheerleader-persona in te klim – boots and all. Skaf vir jou ’n sexy uitrusting aan – gaan kyk sommer wat dra sy span se cheerleaders en soek vir iets soortgelyks. Of trek byvoorbeeld sy span se rugbytrui aan sonder ’n draad onderklere. Maak seker hy is bewus van jou, uhm, tekort aan klere. Jy wil nou nie reg voor die televisie gaan staan en bokspringe doen nie (anders word jy net dalkies uitgejaag), maar iemand moet gelukkig buk of oorleun om die peuselhappies en koeldrank aan te gee…

Promosie

Die pad na ’n man se hart en libido!

Gepraat van peuselhappies, wees slim en kies iets wat goed is vir julle libido. Vermy die gewone aartappelskyfies en biltong – al daardie stysel en sout kan julle lus eerder blus as bevorder. En nee, jy hoef geen tyd voor die stoof te spandeer nie. Die volgende is baie gesond en reg in ’n kits:

  • Waatlemoenskywe: Genoem die natuur se Viagra, waatlemoen help om die bloedvloei na die seksuele organe te bevorder.
  • Grondboontjies: Dit is die ideale hupstootjie vir manlief. Dit help om die bloedvate te laat ontspan sodat ’n ereksie makliker is.
  • Neute en sade: Veral pampoensade is hoog in sink, wat dien as ’n opkikker vir beide mans en vrouens.
  • Aspersies: Dit is al vir jare bekend as ’n aphrodisiac – met goeie rede. Bedien dit saam met onversoete jogurt of enige gesonde doopsous.
  • Donker sjokolade: Vir die gevoel van verliefdheid. Navorsing het getoon dat vrouens wat ’n stukkie van dié tipe sjokolade elke dag geniet, ’n meer aktiewe sekslewe het as dié wat dit nie doen nie.

Beloning-speletjies

Bou seksuele spanning op. Elke keer as manlief se span (of die opponente) punte verdien of ’n beslissing verloor, kan manlief ’n beloning kry. Terloops, dit is waar jou keuse van ’n uitrusting tot interessante en kreatiewe dinge kan lei. Probeer gerus die volgende:

Soene vir punte: As sy span punte aanteken, kan hy besluit waar jy hom moet soen. As die opponente die punte kry, kies jy hoe en waar manlief jou moet soen. Maar moenie hou by soene alleen nie. Raise the stakes en vervang soene met aanraking en streling op verskillende liggaamsdele.

Klere vir punte: Hierdie is strip poker – op die sportiewe manier. Laat waai een kledingstuk elke keer wat sy span punte aanteken.

Wees die skinkbord: Kry nog meer uit daardie peuselhappies as net ’n opkikkering. Plaas byvoorbeeld ’n stukkie waatlemoen tussen jou borste en laat manlief  dit “uitduik”. Of plaas ’n grondboontjie in jou naeltjie en hy moet dit uithaal deur net sy tong te gebruik.

’n Kitsklits in rustyd

Jy hoef nie te wag tot die wedstryd verby is om te score nie. Maar julle gaan vinnig moet wees – julle het net tien minute! Volg hierdie wenke om dit binne die tydlimiet te doen:

  • Intensiewe voorspel is uit, daarom is dit ’n goeie idee om smeermiddel te gebruik.
  • Plaas alles wat julle gaan benodig (kondome, handdoek) reeds reg sodat julle dit net kan gryp en begin.
  • Besluit wat julle wil doen vóór daardie rustyd-fluitjie blaas. Orale seks is gewoonlik die vinnigste en speelgoed soos vibrators kan ook ’n klimaks vinniger aanhelp.
  • Besluit ook waar julle dit wil doen. Spring sommer met ’n gedeelte van julle klere aan in die stort – nat klere kan baie sexy lyk en voel en dit gaan julle tyd spaar!
  • Dirty talk werk soos ’n bom, want dit is stout en baie opwindend! Vertel jou maat hoe graag jy hom wil hê en hoe goed hy jou laat voel.

Jy kan natuurlik rustyd net gebruik om manlief lus te maak vir post-wedstryd seks. In daardie geval, stimuleer hom vir tien minute lank, maar moenie dat hy dan al ’n klimaks bereik nie. Daar is ’n goeie kans dat hy ná dit meer belangstelling in jou gaan toon as in die tweede helfte van die wedstryd!

 

Deur Thalia Brüssow
Addisionele Bronne: lovingyou.com, health24.com