Neem ’n hoendereier en maak ’n klein gaatjie aan die bo- en onderpunt (1mm-2mm). Blaas nou die eier se inhoud uit.

Skryf vir manlief ’n spesiale boodskap op ’n dun repie papier en rol die papier klein op sodat dit deur die gaatjie pas. Plaas die boodskap nou in die eier en versier die eier deur dit te kleur of mooi te verf.

Manlief moet die eier oopbreek om jou briefie te lees.