Sodra ek en my maat seks het en ek ’n klimaks bereik, kla hy agterna deur te sê dat hy dit glad nie voel nie. Hy dink ek “fake” my orgasme, maar dit is nie die geval nie. Dalk is dit net nie so intens soos wat hy verwag dit moet wees nie? Help asseblief met raad.

Promosie

Wilmé Steenekamp, ’n mediese dokter, antwoord:

Dit klink asof jy verwys na jou klimaks terwyl hy jou penetreer en dat hy verwag om dit met sy penis te kan voel? Indien wel – hy sal dit nie kan voel nie. Spiere van die pelviese area trek wel saam wanneer ’n vrou ’n orgasme bereik, maar dit is baie ligte en nie-opvallende sametrekkings en sal nie noodwendig deur die seksuele maat gevoel kan word nie. Ek herinner julle ook daaraan dat orgasme tydens penetrasie eintlik skaars is, maar dat dit meestal gebeur deur stimulasie van die klitoris (en dan ook nie gevoel kan word deur die seksuele maat nie).

Wat wel van belang is, is dat julle werk aan kommunikasie oor julle seksuele ervaring met mekaar. Jy moet kan vertel wat jy geniet, hy moet kan aanvaar dat dit wat jy deel oor jou fisiese ervaring geldig is. Julle moet saam kan gesels oor watter dinge julle kan doen om julle twee se seksuele ervaring meer plesierig te maak vir albei van julle!

Promosie