Wees vir ‘n oomblik bietjie eerlik met jouself….
- Verstaan jou maat regtig wat jou hart vinniger laat klop?
- Verstaan hy/sy wat jy nodig het om waardeer te voel, om ondersteun te voel, om gelukkig te wees?
- Is jou huwelik alles wat jy verwag het dit gaan wees?
- Wonder jy soms of jy met die verkeerde persoon getrou het?
- Of is jy dalk net op soek na maniere om jou huwelik verder te verryk en te verbeter?
Elke huwelik gaan deur goeie en minder goeie tye, maar om ‘n getrou te bly en die groter prentjie vir jou huwelik in oog te hou, is ‘n leefstyl wat gekweek kan word! Deur Marriage Capsule se 7 stap metode, gaan jy waardevolle insig in jou eie, sowel as jou maat se manier van dink, omgee, en liefwees vir mekaar kry… Sien dit as ‘n hupstoot tot ‘n beter huwelik, maak nie saak in watter fase van die huwelik julle tans is nie! Ons gee jou die “How to guide” wat jy eintlik op jou troudag al moes gekry het….
By INTIEM het ons ‘n hart vir huwelike! Ons reis het in 2006 begin met die eerste uitgawe van INTIEM Tydskrif wat daardie jaar op die rakke verskyn het. Meer as 10 jaar en 100 uitgawes later, het ons INTIEM Tydskrif geneem na INTIEM Huwelik, ‘n produk wat nou 100% gratis en digitaal beskikbaar is!
In die amper 12 jaar het ons meer as 50 dae vir paartjies en 4 romantiese bootreise aangebied:
Ons is gereeld op TV en Radio, waar ons gesels oor die huwelik en al die avonture (en uitdagings) wat daarmee gepaard gaan. Ons kuier lekker saam met luisteraars en kykers, en poog om altyd praktiese raad te gee wat die paartjie dadelik in hul huwelik kan gaan toepas.
Ons is aangestel as die amptelike organiseerders van SA Huweliksweek / SA Marriage Week, deel van Internasionale Huweliksweek wat elke jaar wêreldwyd gevier word. Ons is aan stuur van hierdie inisiatief sedert 2013 en werk elke jaar rondom ‘n spesifieke huwelikstema – weereens met kosbare inligting, aksieplanne en uitvoerbare idees.
In 2017 neem ons die volgende innoverende stap en ons ontwikkel Marriage Capsule, ‘n huwelikskursus met ‘n verskil!
Meer as 10 jaar se ondervinding by INTIEM Tydskrif (in samewerking met ‘n fantastiese redaksiespan, seksuoloë, beraders, skrywers, medewerkers en ambassadeurs) is nou saamgevat in ‘n unieke 7-stap metode wat paartjies leer hoe om “Die huwelik beter te doen”.
Hierdie is nie “net nog ‘n vervelige huwelikskursus” nie! Ons is oortuig daarvan dat Marriage Capsule ‘n eerste in die wêreld is! ‘n Interaktiewe huwelikskursus, met unieke elemente genaamd “gamification” (“badges/leaderboard/quizzes”….) omskep in ‘n elektroniese kursus (e-kursus) met ‘n formule wat beloof om ‘n verskil in jou huwelik te maak!
Maak nie saak of jy verloof is, pasgetroud, of al meer as 7 sakke sout saam opgeëet het nie, Marriage Capsule is ontwerp vir mense wat hulle huwelik wil laat werk, ongeag die omstandighede en uitdagings wat die lewe na hul kant toe gooi nie! Ons gee jou al die hulpmiddels wat nodig is om jou huwelik weer te maak werk en te laat hou!
Het jy dalk onderliggende vrese oor ‘n moontlike egskeiding? Oor ontrouheid? Is jy dalk bang jy word verveeld? Of voel jy jou huwelik is op ‘n goeie plek, maar jy wil steeds aanhou om daarin te belê, dit te versterk en te verbeter?
Marriage Capsule kan jou help om daardie vrese en ideale te identifiseer en aan te spreek – Om in jou huwelik te belê is noodsaaklik… en ons het al die hulpmiddels om dit briljant te kan doen!
Die program is opgedeel in 7 vlakke… Ons maak dit vir jou maklik om deur al die vlakke te werk, deur dit in ‘n program van 7 weke (1-2 ure per week) op te deel. Dis haalbaar en sal in jou daaglikse program kan inpas! Ons neem jou op ‘n reis van ontdekking, alles in die gemak van jou eie huis – al wat jy benodig is ‘n selfoon of rekenaar met internet konneksie. Sodra jy die program suksesvol voltooi, kry jy ‘n amptelike sertifikaat en jul name word in die “International Marriage Hall of Fame” aangeteken – voorwaar ‘n prestasie wat gevier moet word!
Hoe werk dit?
Marriage Capsule bestaan uit 7 vlakke. Die 7 vlakke is die 7 geheime wat jy nodig het om jou huwelik te laat werk!
In elke vlak kry jy inligting om deur te lees, animasie videos om te kyk, uitdagings en vraelyste om te voltooi… Soos jy vorder kry jy kentekens (“badges” – bv commitment badge, overachiever badge, respect badge, bravery badge, super hero badge, sexy badge…) en punte om jou aan te moedig. Sommige vlakke het ook hulpmiddels wat jy kan uitdruk en deurwerk, ander het aksieplanne en gebede vir jou huwelik.
Belangrik: Die hele kursus is INTERAKTIEF en ons help jou week vir week deur die inhoud! Die metode gaan jou as paartjie inspireer, motiveer, uitdaag en verryk… Een klein stappie op ‘n slag.
Julle gaan die proses terdee geniet!!
‘n Paar hoogtepunte in Marriage Capsule:
Waardevolle inhoud
Meer as 41 000 woorde uit die pen van vele huwelikskenners! Ons het die meer as 11 jaar ondervinding wat ons by INTIEM Tydskrif opgebou het, saamgesit in een allesomvattende kursus, wat jou deur 7 vlakke gaan neem en jou huwelik gaan verander! Die hele kursus word aanlyn gedoen – wat jy benodig is ‘n selfoon/rekenaar en internet konneksie
Jou “Expectation Manager”
Hierdie is een van die kragtigste hulpmiddels wat jy ooit sal ontvang! Jy en jou maat werk deur ‘n lys van vrae wat wissel van “hoeveel keer per maand moet ons by die skoonouers gaan kuier”, tot “hoe hanteer ons konflik, hoe belangrik is geloof” en vele meer! Die dokument word ook in jou “file box” gebêre, so jy kan enige tyd terug verwys na die vrae en antwoorde.
“LOFS Temperaments”
‘n Temperament toets soos jy nog nooit vantevore gesien het nie! Jy het dalk al gehoor van terme soos “sanguinies” en “choleries”, maar het jy al gehoor van die “Lake, Ocean, Fountain and Snow” temperamente? Vind uit hoe jy en jou maat dink en optree en leer hoe om mekaar te verstaan en mekaar se verskille te waardeer!! Ons leer jou ook hoe verskillende temperamente kommunikeer… en wat elkeen soek in die slaapkamer…
23 Videos
‘n Video is een van die kragtigste maniere om te leer! Ons het van die moeilikste onderwerpe vir jou saamgevat in ‘n kombinasie van animasie videos, en videos waar Liezel van der Merwe, Besturende Direkteur van INTIEM, met jou gesels oor belangrike en soms sensitiewe onderwerpe.
Aflaaibare hulpmiddels
Pragtige hulpmiddels wat jy kan aflaai en uitdruk – aksieplanne, gebede vir jou huwelik, speletjies vir die slaapkamer en vele meer! Bou stap vir stap ‘n beter huwelik terwyl jy deur al die hulpmiddels werk saam met jou maat.
“Gamification”
Om seker te maak hierdie is nie net NOG ‘n vervelige huwelikskursus nie, maak ons dit vir jou interessant met elemente van interaksie. Jy kry punte soos jy deur die eenhede beweeg, ons toets jou kennis met “quizzes”, jy sien waar jy lê op die puntelys, jy verdien “badges” en vele meer! Uitstekende aanmoediging, net wat jy nodig het!
“Badges & Leaderboard”
Soos jy deur die vlakke werk verdien jy verskeie kentekens (“badges”) – bv die “superhero badge”, die “respect badge”, die “bravery badge” ens. Jy kan ook sien waar jy op die puntelys (“leaderboard”) lê – vorm deel van ‘n gemeenskap wat OPSTAAN vir hul huwelike!
“International Hall of Fame”
Sodra jy vlak 7 van Marriage Capsule voltooi, word jou en jou maat se name verewig in die Internasionale Huweliks “Hall of Fame”. Jy kry ook ‘n sertifikaat wat jy kan (moet!) raam en teen jul kamermuur opsit. Hierdie is ‘n reuse prestasie en beslis iets om op trots te wees!