Kry jou eie nuwe manier!

Jou ouerhuis se manier van doen het ’n groter invloed op wie jy in die huwelik is as wat jy aldag besef. Jou maat se ouers het dinge dalk anders as jou ouers gedoen. Moet dus nie jou geliefde kritiseer vir hoe hy sake sien of hanteer nie. Dit is tien teen een hoe hy sy ouers dit gesien doen het. Besluit saam met jou maat om julle eie manier van dink en doen te kry. Julle kleef mekaar nou aan en kan nuwe tradisies en rolspeling van jul eie skep.

21 dae tot ‘n gelukkige huwelik word met trots aan jou gebring deur Marriage Capsule… Your Marriage Matters!

Stel jy belang om meer inligting oor Marriage Capsule se 6 weke uitdaging te ontvang? KLIEK DAN HIER!!!