INTIEM het grooooooooooot planne vir 2024!
Vanaf Januarie 2024, bring ons vir jou ‘n VIP INTIEM subskripsie platform!
Jou huwelik maak saak en ons wil jou help om dit maklik, lekker en haalbaar te maak!
Ons gaan jou maand tot maand help om intensioneel in jou huwelik te bly, om jou huwelik te geniet, om seker te maak julle bly EEN deur al die dinge wat in 2024 op jul pad gaan kom – ons wil dit vir jou maklik maak!
Ons gaan vir julle ‘n geestelike plan gee, sodat julle kan saam bid, ons gaan vir julle date night idees gee, vir saam weggaan en soveel meer!
Ons gaan ook saam LEER! Een maand gesels ons oor kommunikasie, ‘n volgende oor konflik! Dan ook oor temperamente, liefdestale, libido idees en meer!
Ons gee jou ‘n PLAN vir elke maand – soos ‘n goeie resep wat NOOIT gaan flop nie! Een ding minder waaroor jy in 2024 bekommerd hoef te wees!
Ons gaan fokus op LIGGAAM, SIEL en GEES – jou alles in een pakkie!
Dis hier waar ons hou hulp nodig het… wat moet ons hierdie platform NOEM? Ons het met omtrent 500 verskillende idees begin, en het nou op ons TOP 3 besluit…. Wat is jou gunsteling?? Kies bloot jou gunsteling hieronder, en kom outomaties in die trekking om een van 10 paartjies te wees wat die INTIEM subskripsie model vir 2024 GRATIS gaan ontvang! Dis ‘n totale waarde van ongeveer R1200!