Doen ’n selfoon-detoks!

Promosie

Weet jy hoeveel tyd steel jou selfoon van jou huwelik? Dis moontlik om jou huwelik te prioritiseer deur ’n selfoon-detoks van sewe dae te doen. Só maak jy:

Maandag: Unfollow mense wat nie waarlik jou vriende is nie, haal jou naam van ongewenste selfoonlyste af (unsubscribe) en haal al die toepassings af wat jy nie gebruik nie.

Dinsdag: Skakel alle seine af wat jou in kennis stel van kommunikasie (soos bleeps vir elke WhatsApp wat inkom).

Promosie

Woensdag: Vermy jou selfoon wanneer jy jou oë oopmaak en gee eerder vir jou maat ’n lekker oopmond-soen (ja, morning breath en al!).

Donderdag: Herlaai jou foon buite jou slaapkamer en vermy daardie skermpie ’n uur voor slaaptyd. Lê eerder en cuddle in jou maat se arms. As jy te onrustig is met jou selfoon buite jou kamer, plaas jou laaier minstens ’n meter of twee van jou bed af (buite bereik).

Vrydag: Gaan eet saam met manlief en los jou selfoon by die huis. Ja, as jy kinders het, gaan jy bekommerd wees, maar manlief kan dié keer sy foon by hom hou. Volgende keer is dit sy beurt om sy foon by die huis te los.

Saterdag: Maak dit ’n dag vry van sosiale media. Weerstaan die begeerte om iets op sosiale media te plaas vir ’n hele Saterdag. Maak dit ’n instelling en doen dit elke Saterdag.

Sondag: Vandag is ’n rusdag, en jou selfoon moet ook rus! Skakel jou foon af vir die hele dag lank.