Ons gee jou die A tot Z van stoute wenke vir daardie toonkrul-lekker katelkaskenades saam met manlief.
Afwagting: Maak jou maat lus vir seks lánk voor die tyd. Stuur gewaagde SMS’e en sexy foto’s, en maak aanhoudend suggestiewe opmerkings of voorstelle. Dit sal sy libido laat ontplof!
Blinddoek: Wanneer jy nie kan sien nie, maak dit jou ander sintuie skerper. Aanraking is soveel meer opwindend as jy geen idee het wat jou maat volgende gaan doen nie.
Curriebeker: Kyk manlief se gunsteling-sport saam met hom. Die persoon wat die wenners korrek voorspel, kan daardie aand kies hoe en waar julle seks gaan hê.
Dekor: Plaas props in jou slaapkamer wat onskuldig lyk, maar ’n stoute doel het. Byvoorbeeld: ’n Stoel vir jou skootdans, kerse vir ’n romantiese atmosfeer en ’n vollengte spieël.
Ek leer jou: Jy weet presies wat moet waar aan jou lyf gebeur om jou te bevredig. Gee manlief jou eie show and tell – dit gaan vir hom net so leersaam as stout wees!
Fiksheid: Gereelde oefening gee jou nie net meer stamina vir seks nie, maar kan jou ook help om meer soepel te wees vir daardie akrobatiese posisies.
Geluide: Laat jou innerlike dier los en hyg, steun, gil en kreun tydens seks. Hierdie geluide sê vir manlief dat jy geniet wat hy doen en is vir hom ook ’n turn-on.
Hulpmiddels: Soms het ’n mens ’n bietjie hulp nodig met jou libido of orgasme. Daar is vandag baie hulpmiddels en speelgoed op die mark wat weer woema in jou sekslewe kan blaas. Al gehoor van die Womanizer en die We-Vibe?
Inisiëring: Dit is gewoonlik die manne wat seks inisieer. Begin dit van jou kant af ook doen – dit sal manlief se ego streel en jou ook meer mán laat voel.
“Jaagertjie”: Swaai eenvoudige kinderspeletjies om na seksspeletjies waar die wenner ’n seksuele beloning kan kry. Byvoorbeeld: Speel “jaagertjie” sonder klere in die huis of gebruik bord- en kaartspeletjies om van mekaar se klere ontslae te raak.
Kegeloefeninge: Dié oefeninge versterk jou pelviese spiere en kan jou ook help om makliker ’n orgasme te kry tydens seks.
Lingerie: Of jy bloot soos ’n godin wil voel of manlief se oë uit sy kop wil laat val, jy kan nooit verkeerd gaan met sexy onderklere nie. Dit laat ’n mens boonop sensueel voel en is ’n bederf vir jouself! Belê gerus in verskillende kleure en snitte.
Massering: ’n Massering is hemels vir die lyf en dwalende hande kan vinnig ’n vuurtjie aansteek waar daar nie voorheen een was nie! Daar is verskeie masseer-olies op die mark wat jul ervaring ekstra spesiaal sal maak!
Njam: Sekere eet- en drinkgoed (soos oesters en rooiwyn) kan julle sekslus aanwakker en terselfdertyd ook sorg vir lekker voorspel-pret – veral wanneer jou maat die skinkbord is.
Omgewing: Moenie altyd vir die slaapkamer mik nie. Wees avontuurlustig en hê elke keer seks in ’n ander omgewing – wat van die besemkas . . .?
Paplepel: Span die paplepel of eierspaan in om mekaar liggies op die boude te raps – maar waarsku eers jou maat en maak seker jy het sy/haar toestemming, so nie kan ’n kinky oomblik gou in ’n reuse-rusie ontaard!
Quickies: Seks hoef nie altyd uitgerek of dramaties te wees nie. As die lus en geleentheid daar is, laat waai.
Rolspel: Met rolspel kan julle enigiemand of -iets wees wat julle wil. Dit sorg gewoonlik vir groot pret en verander seks van vervelig na witwarm. Vra manlief om daardie uniform nader te trek en sit jou bril op vir daardie sexy onderwyser-look!
Smeermiddels: Of jy dit nou nodig het of nie, smeermiddels kan beide jou en manlief se plesier verhoog. Trek voordeel uit die wonderlike sensasie en glip-en-gly jou pad na ’n aardskuddende orgasme.
Tekens: In ’n besige huishouding is dit altyd goed om ’n geheime sekskode te hê wat die kinders of kuiermense nie verstaan nie. Kom ooreen op ’n paar eenvoudige tekens wat julle kan uitruil wanneer julle vinnig wil wegglip.
Uitgevang: Die moontlikheid om “uitgevang” te word, kan julle bloed behoorlik laat pomp. Probeer die bure se tuin, ’n publieke badkamer of ’n donker parkeerarea – moet net nie die wet oortree nie!
Verrassing-seks: Onbeplande seks is dikwels die lekkerste. Verras manlief deur seks moontlik te maak wanneer hy dit die minste verwag. Byvoorbeeld: Maak hom wakker in die middel van die nag of wag hom in as hy van die werk af kom.
Water: Of dit nou nat klere is wat aan jou lyf klou, water wat van jou lyf afloop of seks in ’n stort of jacuzzi – gebruik water om dinge tot kookpunt te neem.
X-faktor: Wat is vir jou maat die X-faktor – daardie dingetjie wat hom oor die edge neem? Is dit stoute woorde in sy oor? Jou naels in sy rug? Vind uit en pas dit toe.
Ysblokkies: Gebruik dit tydens voorspel om mekaar te terg. Vryf dit oor jou maat se liggaam en blaas liggies op sy nat vel om ’n heerlike sensasie te veroorsaak.
Zzz: Kry genoeg slaap in. Wanneer jy energieloos en knorrig voel, is seks die laaste ding op jou brein. Boonop kan sexercise ook julle oortollige energie verbrand sodat julle nog lekkerder kan slaap!
Deur Thalia Brüssow