Kry ’n eenvoudige soetkoekie-resep op die Internet en maak sowat een dosyn soetkoekies.

Promosie

Versier dit deur helderpienk glansversiersel te gebruik en die bokant van elke koekie heeltemal te bedek. Gebruik nou wit versiersel en versier (met behulp van ’n baie klein spuitpunt) die rante van elke koekie.

Hou een koekie uit (jy kan hom selfs groter bak) wat jy wit maak en versier met die pienk versiersel. Dié koekie gaan jy bo-op die res pak en daarop moet staan: “Ek lief jou meer as . . .”

Op die res van die koekies moet jy kreatief wees en elke koekie moet ander woorde bevat. Byvoorbeeld: “Rook vir vuur”, “Homer vir Marge”, “Bye vir blomme”, “Kersvader vir Rudolph”. Jy kan kreatief raak en ook persoonlike verwysings hierby inwerk.

Promosie

Pak al die koekies in ’n houer en pak dit vir hom in werk toe.

 

Deur Annelize Steyn