In die nuwe boek Riviere in die wildernis deel Karlien van Jaarsveld, die gewilde vermaaklikheidspersoonlikheid, vir die eerste keer diep persoonlike grepe vanuit haar lewe en praat oor kwesbare onderwerpe. Sy gesels kaalvoet en sonder pretensie oor haar soeke en seer met die Here, want sy weet dat Hy gewillig en met deernis luister.

Karlien vertel van haar kronkelpaaie van pyn en verlies en hoe sy deur die jare daardie paaie, gevleg met haar onwrikbare geloof, gestap het. Sy deel met die leser haar ondersoeke in die Woord, die suiwer leringe van Jesus, sielvolle gedigte, lirieke en intieme gewaarwordinge.

In Riviere in die wildernis leer ons Karlien ken soos nog nooit tevore nie. In haar arms het sy al lewe, siekte en dood vasgehou en geleer hoe om, of die Here nou gee óf neem, steeds ’n halleluja te sing.

Riviere in die wildernis is soos ’n vars bries in die Christelike literatuur wat té dikwels besaai lê met versigtig geykte mooipraatjies,” sê Jaco Strydom, skrywer van Daka.

Stap saam met Karlien deur die kronkelpaaie van geloof, pyn en genesing. Lees in Riviere in die wildernis waarom Karlien verseker weet Jesus maak alles nuut – Hy maak paaie in die woestyn en riviere in die wildernis.

Kry jou kopie nou by jou naaste boekwinkel of aanlyn op ons webtuiste.

Al die LUCA-skakels op een plek: