Ons het by Jakkie Louw en sy vrou Anel gaan kuier waar Jakkie ons bederf het met sy bekende “Jakkie Tertjies”
Indien jy die video wil sien waar ons vir Jakkie & Anel gaan kuier volg gerus die skakel: http://bit.ly/Jakkie_Anel
Hiermee die resep
Bestanddele:
2 eiergele
1 eier
7 eetlepels strooisuiker
2 eetlepels mieliemeel / Maizena
500 ml volroom melk
5 ml vanieljegeursel
Skilferkorsdeeg
Metode:
Kook alles behalwe vanieljegeursel in pot tot kook. Gooi vanieljegeursel by en roer. Laat afkoel.
Spuit kollewyntjie-pannetjies met “Spray and Cook”.
Vou skilferkorsdeeg dubbeld en rol dit op. Sny wielletjies af en maak plat. Druk dit in kollewyntjie-pannetjies en vul met melk mengsel. Bak vir 25min teen 180 grade. Geniet saam met ‘n lekker koppie koffie of tee 😀