BESTANDDELE
• 3 Piesangs
• 120g Pynappel (ontkern)
• 6 Aarbeie
• 1 koppie sjokolade sous
• ¼ koppie fyngekapte neute
• 12 Roomys stokkies
METODE:
1. Sny aarbeie in die helfte
2. Vir elke halwe aarbei sny dieselfde grootte stukkie piesang en pynappel
3. Plaas die pynappel eerste op die stokkie gevolg deur die stukkie piesang en laaste die aarbei
4. Plaas in vrieskas vir 10 minute
5. Plaas op bakpapier
6. Doop die vrugte sosaties in die sjokolade sous en dan die fyngekapte neute
7. Geniet
(bron: simpleethrifty)