Ons hormone kry dikwels die skuld. Wanneer jy ontplof omdat hy vergeet het om jou te sê sy ma is oor ‘n halfuur by jul huis, wanneer jy ween oor die fliek wat eintlik veronderstel is om ‘n komedie te wees en wanneer jy onheilspellend stil raak… maar selde of nooit kry ons hormone die krediet wat hulle verdien…

Promosie

Vrouwees kom saam met ‘n intrinsieke endokriene stelsel. Dit is wonderlik en frustrerend tegelykertyd. Hierdie netwerk van kliere vervaardig hormone wat ons seksuele funksionering bestuur, ons metabolisme reguleer, ons groei bestuur en ons buie bepaal. Só verander jou hormonale fases deur die loop van jou lewe…

1. “My ma irriteer my en die lewe is ‘n marteling…”
Kom ons draai nie doekies om nie. Puberteit (tussen 9 en 21) is nie ‘n grap nie! Gedurende dié tyd is jou menstruele siklus ongereeld (dis normaal!) omdat dit tyd neem vir jou om ‘n groot genoeg hormonale konsentrasie te vervaardig sodat jy gereeld ovuleer en menstrueer.

2. “Ek wil nie ‘n baba hê nie… of wag, dalk wil ek!”
Gedurende die ouderdom 21-35 (jou volwasse menstruele jare) word jy groot. Jou hart word gebreek, jy begin jou eerste werk, jy ontmoet jou lewensmaat, jy koop ‘n huis en jy leer die eise ken wat dit verg om ‘n grootmens te wees. Dit is ‘n baie opwindende tyd in jou lewe en dit het ‘n groot effek op jou gesondheid en hormonale werking.

Promosie

3. “Ek is swanger – hiep, hiep, hoera!”
Dié plek waar dié fase inpas, wissel. Dit is belangrik om gereed te wees vir jou swangerskap deur vroegtydig aandag te gee aan jou hormone. Soms kan ‘n hormoonwanbalans dit moeilik maak vir jou om swanger te raak en dis belangrik dat jy en jou dokter gesels oor hoe om jou liggaam ‘n gunstige ‘broeiplek ’te maak.

4. “My borste hang en my gewig bly kleef”
Dit is dikwels hoe baie vroue voel in die post-partum fase (ná jy geboorte geskenk het). Jy kan vind dat borsvoeding nie met jou akkordeer soos jy gedink het dit sou nie, dat jy geensins van die gewig ontslae kan raak nie en dat jy meer as gereeld neerslagtig voel. En o ja, jy wag vir jou siklus om terug te keer!

5. “Sjoe, waar kom hierdie plooi vandaan?”
Peri-menopouse (Fase 1) begin wanneer jy 35 is en jy sal dit nie eens agterkom as jy gesond is nie. Maar indien jy well beleef dat jy sukkel met vrugbaarheid, vaginale droogheid, plooie en droë hare, kan die oorsaak hormonaal wees.

6. “Bring die waaier! En los my uit!”
Peri-menopouse se tweede fase kan goed verloop wanneer jou FSH vlakke styg tot op ‘n punt waar jy nie meer ovuleer nie, maar as jy probleme met ‘n hormoonwanbalans in fase een gehad het, kan fase twee moeilik wees. Jy kan moontlik sukkel met warm gloede, nagsweet en ‘n lae libido.

7. “Ek voel redelik okay… kan dit wees?”
Gedurende dié fase is jou FSH vlakke nou permanent tussen 20 en 30 en jou estrogeen , progesteroon en testosteroon-konsentrasies is stabiel (laer as in jou menstruasie-jare, maar steeds in balans).

Kenners is dit eens dat ‘n gebalanseerde dieet en ‘n gesonde leefstyl jou kan help om hierdie fases met gemak te bestuur. Produkreekse soos Femolene is spesifiek geformuleer vir vroue wat worstel met PMS, menopause en urienweg infeksies. Dit is ‘n natuurlike reeks, geformuleer met die hoogste gehalte bestanddele om simptome te verlig. As jy vind dat enige van dié hormonale fases vir jou ‘n uitdaging is, besoek ‘n dieetkundige en maak seker jy skaf die Femolene produk aan wat geformuleer is vir jou probleem.

Vir meer inligting besoek gerus www.femolenemylife.co.za

Addisionele bronne: www.floliving.com; www.femolenemylife.co.za