Die dood van ouers het ‘n merkwaardige sielkundige en fisieke impak op kinders. Terwyl jy hier is, wil jy seker maak dat, indien dit met jou kinders gebeur, hul trauma so beperk moontlik sal wees…
Dit is iets waaroor ons liefs swyg. Jy wil nie dink aan die moontlikheid dat jy dalk te sterwe kom voor jou kinders volwasse is nie en selfs dán hoop jy om jou dogter op haar troudag af te gee en jul kleinkinders se skoolkonserte te kan bywoon…
Vanuit ‘n kind se perspektief is dit net so ‘n seer gedagte. Om ‘n ouer te verloor (veral wanneer jy nog jonk is) werp jou uit jou wentelbaan… Die persone wat jou nog altyd van sekuriteit en identiteit voorsien is, is skielik weg en jy moet weer jou voete vind. Bo dit alles is die seer verterend en die gedagte dat jy nooit ooit weer op hierdie aarde met hierdie mense sal kan praat nie, is meer as wat baie van ons voel ons kan dra.
Dan gebeur dit. En afgesien van die emosionele uitdaging, word jy gekonfronteer met begrafnisreëlings, praktiese reëlings en syfers. Die dood is duur. En wanneer iemand sterf, kom erfbelasting ter sprake.
Capital Legacy se CEO Alex Simeonides verduidelik: “Boedelbelasting word gehef op die oordrag van bates van die gestorwe se boedel na die begunstigdes. Kapitaalwinsbelasting word gehef op enige kapitale wins op die verkoop of oordrag van ‘n bate.” En dan moet daardie afgestorwene ook steeds inkomstebelasting betaal op die inkomste wat hy/sy in die laaste belastingjaar verdien het…
Dié begrippe is genoeg om jou paniekerig te maak, want sou jy tot sterwe kom, moet jou erfgename pa staan vir hierdie kostes waarvan die bedrae merkwaardig kan wees. En is jou testament nie in plek nie, kan hierdie lot jóú kinders tref.
Cloe se verhaal is een waarmee baie Suid-Afrikaners kan identifiseer. Sy het beide haar ouers op ‘n baie jong ouderdom verloor. “Ek het nog nooit in my lewe soveel seer ervaar nie. My pa is oorlede ‘n maand voor my troudag. Ek was nog altyd ‘n daddy’s girl en hy was ‘n goeie man wat my veilig laat voel het.” Omdat hy selfmoord gepleeg het, het die lewensversekering nie uitbetaal nie.
Finansieel het dit die gesin swaar getref. Cloe was maar 21. Hulle het familie-besighede verkoop en haar broer moes na hul ma omsien. “Toe my ma sterf, het sy sonder skuld gesterf, maar boedelfooie agtergelaat waarvoor ek en my broer moes betaal. Ek moes ‘n verband uitneem om vir daardie fooie te betaal, want ek het dit nie verwag nie. Ons het ook nie in lewensversekering geglo ná wat met my pa gebeur het nie…”
Cloe het besluit om haar eie testament in orde te kry. Só het sy meer te wete gekom oor beredderaarsfooie en testament-trustfooie. Maar sy het ook gehoor van ‘n polis-opsie (met ‘n minimale premie) wat jou en jou gesin teen boedel-fooie kan beskerm. Die feit dat sy ‘n polis kon uitneem wat finansieel na haar gesin kan omsien terwyl haar boedel uitsorteer word, was vir Cloe merkwaardig! Dit het so ‘n impak op haar gemaak dat sy self deel geword het van die maatskappy wat dié opsie bied. En as gevolg van haar eie storie, is haar werk eerder ‘n roeping as ‘n betrekking.
Dis ‘n kans om mense vrede en gerusstelling te gee dat sóú hul kinders aan ‘n soortgelyke situasie blootgestel word, hulle nie ook ‘n finansiële las moes trotseer nie…
Capital Legacy maak dit vir jou selfs nog makliker! Capital Legacy bied aan INTIEM Lesers die geleentheid om ‘n komplimentêre testament op te stel en hulle sal jou adviseer hoe jy jou erfgename kan beskerm ná jou dood. Hulle sal ook help om die wetlike kostes ná jou dood aansienlik te verminder.
Moenie wag totdat dit te laat is nie – neem die besluit vandag om jou hartsmense en nalatenskap te beskerm.
Voltooi die vorm om ‘n afspraak met Capital Legacy te boek. Vind uit of jou boedel vir jou kinders eendag ‘n las of ‘n goeie erfporsie gaan wees PLUS jy kry ‘n komplimentêre testament!
Al hierdie is GRATIS en verniet om te verseker jy beskerm dit wat vir jou belangrik is!