Wie van ons kan sê dat ons sekslewens eksie-perfeksie is? Die meeste paartjies se slaapkamer ervaar so nou-en-dan ’n droogte en soms weet ons net nie mooi waar die gieter is nie…. Hier is jou aksieplan! Dit gaan slegs 22 dae se toewyding verg om jou sekslewe weer op dreef te kry.
Dag 1: Verklaar jou siening oor seks: “Ek glo dat seks geskep is om fisies wonderlik te voel, en dat ek veronderstel is om ’n seksdrang te hê. Ek glo dat seks geskep is om my geliefd en een te laat voel met my maat.”
Dag 2: Herdoop jouself as ’n seksuele wese. Onthou, die klitoris het geen ander doel as om genot te verskaf nie – dis net daar om jou te laat goed voel! Seks is ’n voordeel, nie ’n plig nie!
Dag 3: Hou die bedliggie aan. ’n Groot deel van seks is visuele stimulering (veral vir manlief!). Raak gemalik daarmee om mekaar se lywe in die lig te sien en mekaar in die oë te kyk gedurende seks – dit versterk intimiteit radikaal!
Dag 4: Smyt al jou vooropgestelde idees uit. Wat het die media deur die jare aan jou verkoop? Geniet seks met die lyf wat jy het, moenie wag vir die lyf wat jy begeer nie! Kies vandag vyf dele van jou lyf waarvan jy hou en vra jou man om ekstra aandag hieraan te gee.
Dag 5: Herontdek die wonderlike soen. Stel die timer en soen vir minstens 15 sekondes aanmekaar. Herhaal dit elke dag, gedurende die dag en voel hoe jy skielik nader aan manlief begin voel….
Dag 6: Geniet sy aanraking. Vra manlief om vanaand vir vyftien-minute lank jou lyf te explore . . . sonder enige poging om jou ’n orgasme te laat bereik. Dit is net ’n fokus op voorspel, so geen seks nie. Daarna is dit sy beurt.
Dag 7: Moenie skiet vir die einddoel nie. Sien dit as ’n reis en nie ’n bestemming nie. Moenie druk op jouself plaas nie, maar bly oopkop, positief en werk aan ’n ‘ek sal alles eenkeer probeer’ houding.
Dag 8: Berei jouself voor vir seks. Skeer, selfs al is dit wintervakansie en al loop jy heeldag in ’n sweetpak rond. Lees ’n sexy boek, eet aarbeie….
Dag 9: Kry ’n trigger wat julle aan seks laat dink. Soos wanneer die weerlig slaan, of wanneer julle saans tandeborsel…julle sal smile en net julle sal weet hoekom.
Dag 10: Flirt met hubby. Vra hom om vandag jou kleinbroekie uit te kies, stuur vir hom WhatsApp’s deur die dag, fluister stoute goed in sy ore. En maak dit deel van jou daaglikse roetine!
Dag 11: Waardeer sy lyf. Noem vyf dinge van hom wat vir jou sexy is. Dit kan sy werk wees, of sy stem (daar moet iets fisies ook in wees).
Dag 12: Bid vir julle sekslewe – verkieslik saam met jou maat. Bid dat God manlief se gedagtes oor seks aan jou sal openbaar en dat hy jou sal help om die leuens wat jy leer glo het, uit te wis.
Dag 13: Inisieer seks wanneer jy nié lus is nie. As jy wag vir die bui om jou te pak, gaan dit dalk vir ewig neem…. so, maak ’n besluit om pret te hê, werp jouself hart en siel daarin en kyk hoe jou lyf reageer.
Dag 14: Wees aktief betrokke by die daad! Soms verg jou pad na die aha-oomblik net dat jy jou heupe effens moet lig of die spoed of intensiteit bietjie moet aanpas.
Dag 15: Stel jul grense vas. Voer ’n openlike gesprek oor wat julle wil probeer, wat julle bang is om te probeer en wat julle al gedoen het waarvan jy nie gehou het nie.
Dag 16: Maak beurte. Een aand per week is syne waar hy kan kies waarvan hy hou. Nog ’n aand per week is jou aand. En die res van die tyd is ‘normaal.’ Albei wen!
Dag 17: Quickies is koning! Gryp manlief wanneer hy dit die minste verwag…. Doen dit spontaan, kry die lube byderhand en let go!
Dag 18: Maak ’n commitment. As julle kinders het, word seks waarskynlik ’n skaars luuksheid. Maar jul huwelik het dit nodig, so beplan en bedink saam ’n stoute plan.
Dag 19: Skep afwagting. Vertel mekaar heeldag wat vanaand op die spyskaart is. Wanneer julle eindelik in mekaar se arms is, behoort dit ontploffend te wees!
Dag 20: Maak ’n slaapkamer-reël: Geen posisie mag in een week herhaal word nie. Op dié manier hou julle dinge opwindend!
Dag 21: Skep ’n seks-ritueel. Besluit byvoorbeeld om elke Nuwejaarsoggend seks te hê. Of elke keer as julle rugbyspan gewen het. Of elke keer as dit reën.
Dag 22: Kyk terug. Kyk terug na die afgelope 21 dae en bespreek wat julle geleer het, wat julle graag meer van wil doen en wat julle vorentoe gaan doen om seker te maak die intimiteit in jul huwelik bly.
Addisionele bronne: www.ivillage.com; www.tolovehonourandvacuum.com