In dié artikel gee ons jou 10 goeie wenke om die vonke in die slaapkamer te laat spat!

  1. Kry ‘n kodetaal! Julle kan self besluit wat dit is. Iets soos: “Slaap die honde?” of “Ek’s lus vir soetwyn!”. Julle hoef ook nie te praat nie en kan ‘n gebaretaal gebruik (hou dit net subtiel. Soos om met drie vingers drie keer op jou knie te tik wanneer jou maat jou dophou, of te maak of jy strek en oogkontak met hom te maak…
  2. Vra is vry, en vry daarby! So, vra jou maat waarvan hy/sy hou. Die ideaal is om ‘n huwelik te he waarin beide partye hul behoeftes en begeertes openlik kommunikeer – ook in die slaapkamer! Maar as jou maat effe skugter is, vra spesifieke vrae, soos: Hou jy daarvan as ek sóveel druk híér plaas?
  3. Baie kenners beveel aan dat, vir jou om haar G-kol te stimuleer, jy jou hande moet gebruik. MensHealth sê dat as dit by posisies kom, doggy style ook die kolskoot tref.
  4. Van die beste voorspel wat julle kan he, sluit in ‘n sweetsessie vooraf! Net 35-45 minute se matige oefening sorg vir goeie bloedsirkulasie, wat seks verbeter!
  5. Onthou jou kegels! Voel waar hierdie spiere is deur jou urinestroom te stop. Doen dit dan regduer die dag – sommer terwyl jy voor jou rekenaar sit.
  6. Kenners meen dat hoe langer jy die opwekkingsfase uitrek, hoe beter die eindresultaat sal wees. Dit is waarom urelange voorspel gewig dra! En om mekaar soms vir dae lank te terg sonder om tot aksie oor te gaan. Wanneer julle seks het, benut hierdie feit deur julself na aan orgasme te bring en dan dinge weer af te koel. Herhaal dit ‘n paar keer en eindelik sal die orgasme soveel kragtiger wees!
  7. Gebruik jou lokke as deel van die seksspel. Wanneer jy hom verlei, draai jou hare om jou vinger. Wanneer jy hom soen van sy lippe tot by sy naeltjie, maak seker jou hare val só op sy bors dat dit hom kielie…
  8. Bespreek soms ‘n hotelkamer. Ja, dis nie nódig nie, maar dit kan julle net weer ekstra spesiaal en super stout laat voel. Los die kinders by die baba-oppasser en ky waar julle ‘n goeie spesiale aanbod vir ‘n oornag-in-die-middel-van-die-week kan kry.
  9. Hou julle oë oop! Wie het gesê dat ‘n mens se oë outomaties moet toegaan tydens ‘n oopmondsoen? Iemand, eendag lank gelede. Sedertdien het ons dit op Hollywood flieks gesien en slaafs gevolg. Maar maak eendag jou oë oop laat dít wat jy sien bydra tot dit wat jy voel.
  10. Eva, soms moet jy beheer neem! Dit hoef nie ‘n gereelde item op jul seksspyskaart te wees nie, maar deur soms die voortou te neem en die besluite in die hitte van die oomblik te neem, kan vir hom ‘n groot turn-on wees!

 

Deur Annelize Steyn

Promosie