Bestanddele:

Promosie

8 snye witbrood

roomkaas (sag gemaak) OF Nutella

aarbeie (fyn opgesny)

Promosie

2 eiers

3 eetlepels melk

1/3 koppie suiker

1 teelepel fyn kaneel

botter vir die pan

Metode:

  1. Sny die korsies van elke sny brood af en rol dit plat met ‘n koekroller
  2. Plaas sowat 1-2 teelepels vulsel in ‘n strook, sowat 1cm van die sny brood se kant af en rol die sny lekker styf op. Doen dit met al die snye.
  3. Klits die eier en melk goed saam in ‘n mengbak.
  4. Meng die suiker en kaneel saam in ‘n ander bord/bak.
  5. Maak die botter warm in ‘n pan oor medium hitte.
  6. Doop elke rolletjie in die eiermengsel sodat dit goed bedek is en plaas dit dan in die pan met die soom onder. Braai dit tot goudbruin (sowat 2min aan elke kant).
  7. Plaas die rolletjies in die kaneelsuiker direk na dit uit die pan kom en maak seker dat dit heeltemal met die kaneelsuiker bedek is.

Resep deur the-girl-who-ate-everything.com