Dis amper Desember! Tyd vir die gelukkiges onder ons om daardie toontjies in seewater te gaan druk! Of dalk is dit tyd vir huise vol vriende en familie, en heerlike kuiers om die braaivleisvuur! Of dalk wil jy ‘n wandelroete of twee gaan stap. Maak nie saak wat op jou agenda is nie, dis tyd om die warm weer en lekker lang dae optimaal te benut…
Dis nou natuurlik totdat daar ewe skielik ‘n onwelkome besoeker by jou vakansieplanne kom inmeng… Nee, ons praat nie van ‘n skobbejak nie… ons praat van… ‘n gisinfeksie!
Is dit nou “Murphy’s Law”, soos die Engelse sou sê? Nee, dis ongelukkig maar net die realiteit van warmer, klammer weer! Gis het die klammigheid nodig om te groei, en daardie swembroek wat jy heeldag aanhou of net sweet van die warmer weer, bied die ideale broei-area!
Beteken dit nou jy moet die hele somer net in jou kamer voor die waaier lê? Genadiglik nie!
Hier is ‘n paar eenvoudige wenke:
- Verruil die nylon en spandex vir katoenonderklere. Katoen is ‘n materiaal wat makliker asemhaal, en genoeg ventilasie bied… wel, daar waar dit saak maak!
- As jy sweterig voel na oefening of sommer net na ‘n lang dag by die werk, gaan neem ‘n lekker bad of stort en trek vars onderklere aan.
- Trek dadelik droë klere aan as jy klaar geswem het. Moenie in jou swemklere rondloop tot dit droog is nie, al wil jy later weer gaan swem.
- Gebruik ongegeurde seep en vermy gegeurde rome en deodarant so ver moontlik (by jou intieme areas).
- Stadig met die suiker. Ja, ons weet dis vakansie en jy verdien daardie roomys en donut, maar suiker wakker ongelukkig die groei van gis aan. Soos Ouma altyd gesê het: Te veel van ‘n goeie ding is nie goed nie…
So gepraat van Ouma se sêgoed, onthou jy nog: Voorkoming is beter as genesing?
Vir daardie ekstra tikke voorkoming, is daar ‘n baie oulike produk op die rak!
Femoxil, een van die wêreld se gewildste intieme infeksie medikasies, is nou in Suid-Afrika beskikbaar! Femoxil word al van 2017 af regoor die wêreld verkoop, en is nou ook in jou plaaslike apteek beskikbaar!
Die lekkerte van Femoxil is dat dit beide VOORKOMEND en GENESEND optree, dus is dit ‘n produk wat jy 365 dae in jou handsak behoort te hê!
Femoxil is die nuwe, natuurlike antwoord en verlig die algemene simptome van infeksies soos jeukerigheid, swelling, branderigheid, pyn en selfs droogheid.
Al die bestanddele in Femoxil is 100% natuurlik! Een van die hoofbestanddele in Femoxil is aloe vera. Aloe vera het ‘n meervoudige doel: Dit beskerm en herstel, en bied so ‘n natuurlike oplossing vir intieme infeksies. Ja, alle tipe infeksies: swam, viraal en bakterieel!
Boonop is dit so maklik om te gebruik en los dit vinnig op. Femoxil is ‘n vaginale setpil – geen gesukkel met rome of ongemaklike applikators nie. Klein en diskreet, met ‘n lekker “tea tree”olie reuk – higienies en skoon!
Die produk is al ‘n hele ruk op Amazon beskikbaar, en die terugvoer daar van dames is baie positief, met ‘n gradering van 84%! Kyk na hierdie oulike getuigskrif wat ‘n dame geskryf het op Amazon: “Okay ladies where do I start , okay it’s a MUST BUY. I used only one suppository last night and woke up this morning feeling like I have a brand-new kitty kat.”
Wil jy ook weer katjie-van-die-baan wees? Femoxil is hier om te help!
Femoxil voldoen ook aan streng Europese gesondheids- en veiligheidstandaarde.
Hoekom is Femoxil so effektief ?
- Dit bied vinnige verligting van pyn, ongemak, jeuk, brand, irritasie, droogheid, rooiheid, swelling.
- Femoxil is ontwerp om die probleem op te los – dit herstel jou intieme pH en bevorder intieme higiëne.
Hoe werk Femoxil?
Die natuurlike bestanddele van Femoxil vorm ‘n beskermingslagie oor die spesifieke (aangetaste) area en dit keer dan die swam, virale of bakteriele infeksie! Beste van alles, dit bied langdurige intieme sorg!
Femoxil is veilig, en dit werk vining en uiters effektief.
Die dae van skaam fluister vir jou apteker is verby. Jy het nie ‘n voorskrif nodig nodig nie en kan bloot die pienk boksie met die blommetjie op, op die rak gaan soek. Femoxil het ook ‘n NAPPI kode, wat beteken dat jy dit wel van jou mediese fonds kan terugeis, indien jou dokter dit sou voorskryf.
Waar is Femoxil beskikbaar?
By Dischem en onafhanklike apteke landswyd. As jou apteek dit nie het nie, vra hulle om te bestel!
Onthou Femoxil vir die toekoms… Die pienk boksie met die blom op!
Besoek https://www.femoxil.co.za/ vir meer info!
#promosie