‘n Ongemaklike onderwerp? Ja! ‘n eens geslote onderwerp wat nou meer algemeen bespreek kan word? Gelukkig ook ja!
Net iemand wat al die simptome van aambeie ervaar het, sal kan getuig van die uiters ongemaklike en pynvolle toestand wat aambeie meebring. Die branderigheid, jeuk en swelling, en selfs bloeding as gevolg van klein skeurtjies rondom die anus, is beslis nie ligte musiek nie… Maar met nuwe navorsing en verbeterde tegnologie is daar nou ‘n oplossing wat die simptome verlig EN die liggaam help om vinniger te herstel. Dankie tog!
Verskeie aptekers bevestig dat daar n toename is in navrae oor aambeie en gepaardgaande kondisies. Volgens Pieter Herman, besturende direkteur by Alura Pharmaceuticals in Pretoria, is daar ‘n definitiewe toename in persone wat aambeie ontwikkel en erge pyn en ongemak verduur.
Die mees algemene oorsake is: Hardlywigheid, spanning tydens dermbeweging wat onnodige druk op die onderbuik plaas, diarree, vetsug, swangerskap, langdurige passiewe posisie (soos lank sit op die toilet) en selfs ‘n lae-vesel dieet! Dit lei tot ‘n abnormale swelling en uitstolping van die are in en om die anus wat dan pyn, brand, jeuk en bloeding tot gevolg het.
Vandaar word al hoe meer druk uitgeoefen op die are wat bloed van die dikderm en rektum afvoer, wat binne die anale kanaal geleë is in ‘n struktuur wat bekend staan as die aambei-kussing. Die toename in bloeddruk in hierdie are kan hulle laat skei van spiere en bindweefsels wat bedoel is om hulle in plek te hou, wat lei tot die vorming van aambeie.
Chroniese diarree of hardlywigheid kan dinge vererger deur aanhoudende ontsteking van die anale en rektale (anorektale) weefsel te veroorsaak. Om op die toilet te sit, vererger net die probleem deur die mure van bloedvate so dun te strek dat hulle begin uitbuig en verwyd. Vir seker ‘n teer sakie!
Is daar hoop? Natuurlik!
“PRESTO GEL is n natuurlike produk vir aambeie en anale kondisies. Dit verlig die pyn, branderigheid, jeuk en swelling wat gepaard gaan met aambeie. Dit werk onmiddellik na aanwending en is BAIE effektief om al die simptome aan te spreek”, verduidelik Pieter verder.
“PRESTO GEL word die afgelope 10 jaar reeds in 40 lande wêreldwyd gebruik met uitstekende resultate. In Suid Afrika is PRESTO GEL die alternatief vir medikasie wat duur is en slegs op voorskrif beskikbaar is.”
Wonderlike, strelende ALOE VERA…
Navorsing het bewys dat ALOE VERA, een van die bestanddele in PRESTO GEL, beskerming bied teen bakteriële infeksies wat die liggaam aanval. Die sagte weefsel in en om die anus word langdurig blootgestel aan bakterieë en liggaamsvloeistowwe, wat dan inflammasie veroorsaak sodra daar n swak plek of skeurtjie ontstaan.
PRESTO GEL is ‘n premium produk en word onderskei van tradisionele produkte, omdat dit eerstens die simptome verlig, maar verder ook ‘n beskermende laag vorm, wat die aambeie beskerm teen verdere bakteriële aanvalle en terselfdertyd die genesingsproses van die liggaam versnel.
Uitwendig of Intern?
Daar word onderskei tussen uitwendige en interne aambeie…
Uitwendige aambeie kan dikwels deur ‘n knop op die oppervlak van die anus geïdentifiseer word. Dit is gewoonlik baie ongemaklik, omdat daar senuwee-eindpunte in die omgewing is. Anale pyn, jeukerigheid, teerheid en selfs bloeding kan voorkom. Die pyn kan vererger indien die aambeie klonte vorm. As die aambei inflammatories raak, kan dit blou-pers lyk en pynlik wees, nie net tydens ‘n dermbeweging nie, maar selfs wanneer jy loop of sit.
Simptome van uitwendige aambeie sluit in:
- Anale pyn
- Bloeding tydens dermbewegings
- Brandende sensasie om die anus
- Jeukerigheid
- Swelling om die anus
- Teerheid wanneer toiletpapier gebruik word
Interne aambeie is tipies pynloos en bly onopgemerk sonder sigbare tekens. Dit word soms eers ontdek of gediagnoseer wanneer dit bloeding veroorsaak. Die bloed is helderrooi en kan op die stoelgang, in die toilet of op toiletpapier gesien word na ‘n besoek aan die badkamer. So n interne aambei kan by die anus uitsteek, maar is geneig om eerder terug te trek binnekant toe.
Simptome van interne aambeie sluit in:
- Bloeding tydens dermbewegings
- Jeukerigheid
- Pyn in die geval van prolaps
Aambeie kan gewoonlik gediagnoseer word met ‘n visuele ondersoek van die anale en rektale (anorektale) area.
Terwyl dermbevorderingsprobleme die mees algemene oorsake van aambeie is, is daar sekere leefstyl faktore wat direk en indirek ‘n persoon se risiko kan verhoog:
- Swak Hidrasie: Ten minste 8 glase water per dag is nodig!
- Lae Vesel Dieet: Jou liggaam benodig meer as 30g vesel per dag! Wenk: 2 Eetlepels Chia sade bevat 12g vesel.
- Sekere kosse, bv: Kaas, skyfies, kitskos, roomys, voorbereide kosse (bevrore kosse en lekkergoed), verwerkte voedsel en rooivleis.
- Gebrek aan gereelde aktiwiteit: Indien jy nie redelik gereeld oefen nie, kan dit ‘n algemene verlies van spiertonus (insluitend die anorektale spiere) veroorsaak.
Dan is daar ook mediese oorsake soos byvoorbeeld:
- Anale besering (bv deur anale seks).
- Ascites (die ophoping van vloeistof in die buikholte, dikwels gesien in gevorderde lewersiekte)
- Inflammatoriese dermsiektes (IBD) , soos Crohn se siekte en ulseratiewe kolitis.
- Vetsug: Oormatige buik-omtrek en gewig plaas spanning op die spiere van die bekkenvloer en hemorroïde kussing.
- Rektale prolaps.
- Swangerskap: Terwyl die druk wat deur die gewig van die baba uitgeoefen word, kan bydra tot die ontwikkeling daarvan, kan hormonale veranderinge ook veroorsaak dat bloedvate oormatig swel. Geboorte kan verdere spanning deur die blote krag van die arbeidskontraksies plaas, wat lei tot die ontwikkeling van aambeie na aflewering. Daar word beraam dat soveel as 35 persent van vroue in die loop van haar swangerskap aambeie sal ontwikkel. Die risiko neem gewoonlik toe met elke daaropvolgende geboorte.
- Genetika: Een voorbeeld is ‘n oorerflike siekte, genaamd Ehlers-Danlos-sindroom (EDS) , waarin die gebrek aan kollageen kan lei tot die inkorting van bekkenvloerweefsel. Aambeie is ‘n algemene simptoom van EDS en kan soms ‘n meer ernstige komplikasie wat bekend staan as rektale prolaps , waarin die derm gedeeltelik of heeltemal uit die liggaam val.
Maak seker jy het PRESTO GEL (beskikbaar in ‘n salfie of setpil) in jou badkamerkassie. Dis nie meer nodig om skaam na jou apteker toe te stap en te probeer verduidelik wat “pla” nie… Die ouer garde het altyd saggies gefluister: “Dokter, my fondamentjie is seer….”. Vra sommer net reguit vir ‘n PRESTO GEL en VOILA, PRESTO sorg vir die res!
Vir meer info oor PRESTO GEL, besoek https://www.prestogel.co.za/ of gaan maak ‘n draai by jou naaste Dis-Chem, Clicks of onafhanklike apteek… of soek vir PRESTO GEL op Takealot!
#promosie