Is jou boekie vol idees deurgelees? Jou kreatiewe lus geblus? Miskien het jy net ’n paar milliliter ordentlike liefdesdoepa nodig om jou sekslewe gesond te dokter. Wel, die inspuiting wat jy vandeesmaand saam met jou INTIEM gekry het, is beslis nie die eina-tipe nie!
KUUR VIR ’N OLIKE SEKSLEWE # 1
Neem ’n glas vol toffie-likeur met ys en ’n koppie warm koffie (effens afgekoel) slaapkamer toe. Vra vir Manlief om op sy rug te lê en gee hom ’n stomende volbloedsoen op die mond. Hou skielik op. Trek nou die inspuiting vol van die koue toffie-likeur en spuit dit stadig in sy mond. Wanneer hy klaar gesluk het, soen hom verder en sodra sy bloeddruk styg, hou weer summier op. Trek die inspuiting vol warm koffie op en spuit dit in sy mond. Begin hom weer volstoom soen . . . Die koue en hitte verras hom met die onverwagse. Die feit dat jy dit so uitrek, skep afwagting en maak die eindresultaat vir hom net soveel lekkerder! Herhaal drie maal en moet dan nie weer ophou met soen nie.
KUUR VIR ’N OLIKE SEKSLEWE # 2
Gaan huur vir jou ’n stoute nursie outfit by jou naaste kostuumwinkel. Wanneer hy tuis kom, los vir hom ’n nota teen die yskas terwyl jy in die kamer wag. Skryf: “Die liefdesdokter het jou na my verwys. Ek is ’n lyfdokter en sy voel jy het ’n paar intensiewe sessies met my nodig. Ons eerste sessie sal jou help om te ontspan. Trek asseblief al jou klere uit en hang dit agter die deur. Ek wag in my spreekkamer vir jou. Op die bed. Sonder onderklere . . . maar respekteer asseblief my professionaliteit.” Wag hom in met jou inspuiting in die hand (en onthou, doen jou belofte gestand wat die dress code betref). Wat jy daarna met jou man doen, is jou besluit!
KUUR VIR ’N OLIKE SEKSLEWE #3
Vanaand is ’n aand van vóél. Julle gaan jul tassintuie optimaal gebruik. Maak deur die dag ’n kissie by mekaar vol van dinge wat ongewoon teen ’n mens se vel voel. Dit sluit in: ’n veer, jou inspuiting, ’n syserp, ’n haarborsel, ’n gordyntossel . . . gebruik jou kreatiwiteit. Los die kissie langs die bed en wanneer vrytyd aanbreek, blinddoek hom. Speel met al die ornamente teen sy vel. Die geheim is om sy vel ligweg met die ornamente te streel en tussen-in skoenlappersoene (ewe lig) teen sy vel te plant. Gebruik die veer om sy arms te kielie. Die syserp kan jy tussen sy bobene laat deurgly. Gebruik die gordyntossel om sy maag te kielie en die haarborsel (liggies!) op en af oor sy dye. Die inspuiting vul jy met lug en spuit hierdie lug in sirkels in sy nek en ore. Dit sal voel soos jou asem, maar wat hy nie sal kan verstaan nie, is dat jy hom op sy mond soen terwyl jy dit doen en dit sal hom mal maak!
KUUR VIR ’N OLIKE SEKSLEWE # 4
Stuur vir Manlief ’n uitnodiging via SMS. Sê vir hom dat jy hom in die slaapkamer kry vir ’n potjie strip poker. Julle kan die spanning so effe verlig met behulp van ’n lekker tong-in-die-kies alkoholiese verversing. Maak vir julle Tequila jelly shots om hierdie speletjie ekstra pret te maak:
Bestanddele:
• 1 pakkie lemmetjie-jellie
• 100 ml warm water
• Die sap van 2 groot lemmetjies
• 200 ml tequila
Los die jellie in die water op. Voeg die lemmetjiesap en tequila by (en ’n druppel blou voedselkleursel vir die pret!). Meng goed. Haal die inspuiting uitmekaar, vul dit met die mengsel terwyl jy die punt toehou met jou vinger. Plaas die spuitgedeelte effens terug en draai die inspuit¬ing onderstebo in die vrieskas. Gebruik dit nou vir die speletjie. Voordat jy van ’n kledingstuk ontslae moet raak, kry eers ’n inspuiting!
KUUR VIR ’N OLIKE SEKSLEWE #5
Maak botterversiersel aan (die resep is op die meeste versiersuikerpakkies). Vul jou inspuiting hiermee en gebruik dit as ’n koekversierder op jou man se hemelse liggaam. ‘Skryf’ boodskappe met die versiersel-inspuiting op jou maat se bolyf, onderlyf . . . sy héle lyf! Hy moet raai wat jy geskryf het. En dan lek jy dit stadig af. Daarna kan jy die inspuiting vir hom gee en hom aanraai om kreatief daarmee te raak op jóú. Hy mag nie dieselfde liggaams¬dele as jy versier nie!
KUUR VIR ’N OLIKE SEKSLEWE #6
Daar is min dinge wat aarbeie met sjokolade klop wan¬neer dit by romanse kom. Wat is nou meer sexy as om in ’n eina-klein nagrokkie deur jou maat aarbeie en room gevoer te word? In die bad? Des te beter! As julle dit al gedoen het, probeer dié twist op ’n ou gunsteling. Neem ’n pakkie aarbeie. Smelt wit sjokolade. Giet die sjokolade in ’n dun straal oor die aarbeie en plaas in die yskas. Vul jou inspuiting met goeie dessertwyn (Rieslings of Hanepoot is goeie keuses). Hiervoor het jy ’n naald nodig – spuit genoeg van die wyn in die aarbeie om dit te laat deursy¬pel, maar nie soveel dat die aarbeie pap word nie!
KUUR VIR ’N OLIKE SEKSLEWE #7
Soms is dit makliker om iets te skryf as om dit te sê! Koop vir jou die mooiste, sexy’ste opstootbra wat jy kan bekostig en trek dit aan. Dink aan dit wat jy die graagste wil hê hy moet doen en skryf dit op ’n papiertjie. Trek die agterste gedeelte van die spuit uit en rol die briefie op sodat dit in die voorste gedeelte van die spuit pas. Plaas daardie deel (met die briefie daarin) tussen jou borste wat nou so ’n borsgleufie behoort te maak dat dit met gemak daar sal vassit. Dink vir Manlief ’n raaisel uit en sê vir hom sy skat is iewers (tussen twee erotiese kontoere in die huis byvoorbeeld) weggesteek. Hy het net een kans om die skat te soek. As hy reg is en hom gekry het, kan hy óf die briefie lees en jou wens waar maak, óf hy kan met jou maak wat hy wil!
KUUR VIR ’N OLIKE SEKSLEWE #8
Bespreek ’n lekker restaurant vir ’n spesiale geleentheid en doen werklik moeite met jou voorkoms. Laat jou hare professioneel droogblaas, gaan vir ’n manikuur en bestee die hele dag om te ontspan en te dink aan hoe sexy jou man vir jou is. Sorg dat julle regtig op mekaar inzoem by die restaurant. Flankeer met hom. En wanneer die kelner vra of hy die nagereg-spyskaart kan bring, sê vir hom: “Nee dankie, ons gaan sommer nagereg by die huis eet.” Knipoog vir Manlief. Wanneer julle by die huis kom, neem ’n blikkie gekookte kondensmelk en 50 ml room. Klits tot dit romerig is en skep in ’n glasbakkie. Neem die bakkie en jou inspuiting slaapkamer toe. Laat Manlief op sy rug lê en sê vir hom dat jy ’n groot bederf in gedagte het . . . Glo ons maar: Orale seks kan nie lekkerder smaak nie!
Hierdie is maar net die begin… Wil jy 2019 die beste jaar nog vir jou, jou maat, jou huwelik en jou kinders maak? Ons nooi jou uit om saam met ons ‘n pad te stap en van voor af jou maat en die rede hoekom jy met hom/haar getrou het te herondek.
Nie net kry jy toegang tot alles wat ons in 12 jaar geleer het nie, maar jy gaan toegang hê tot jou eie persoonlike huweliksmentor wat jou vrae gaan beantwoord!
Saam met hierdie herondekkings-reis kry jy die volgende:
Marriage Capsule aanlyn (digitale) kursus (7 vlakke)
Marriage Capsule Eboek: Die kursus in eboek vorm, sodat jy dit as handleiding kan gebruik.
23 video’s
Jou “expectation manager” – vind uit wat julle verwagtinge van mekaar in die huwelik is!
LOFS temperamente – hierdie gaan regtig jou lewe verander!
Privaat Facebook groep met huweliksberader en mentor (“coach”)
Weeklikse aanmoediging per epos en video
Weeklikse “celeb voice notes”
Eboek: ED – Alles wat jy moet weet oor erekdiele disfunksie.
Eboek: Kennersantwoorde (antwoorde op 10 jaar se vrae wat aan INTIEM gestuur is)
Eboek: 101 slenters om jou man se hart te wen
Eboek: 101 slenters om jou vrou se hart te wen
Eboek: 365 Romantiese boodskappe om vir jou maat te stuur
‘n Beter huwelik is binne jou bereik KLIEK NET HIER!
Die 7 geheime (eintlik is dit die basiese beginsels vir elke huwelik om te floreer, maar so min mense weet daarvan OF weet nie hoe om dit in hul huwelik toe te pas nie dat dit werklik ‘n geheim is!) vir ‘n gelukkige huwelik word in diepte met jou gedeel, met praktiese voorbeelde, lekker vraelyste en speletjies en vele meer om seker te maak dat om in jou huwelik te belê pret is!
Vir wie is hierdie?
Wil jy seker maak dat jou huwelik hou?
Is jy gereed om in jou huwelik te belê?
Is jou moeg vir ‘n lou-warm huwelik?
Besef jy hoe kosbaar jou huwelik is en dat jy voortdurend daaraan moet werk?
Dan is dit nou die tyd om INTIEM / Marriage Capsule 7 stap uitdaging in jou huis te nooi!
Maak 2021 JOU jaar! ‘n Beter huwelik is binne jou bereik KLIEK NET HIER!
Addisionele bronne: Partysuppliesnow.com; Momswhothink.com
Artikel deur Annelize Steyn