Verras manlief met ’n sexy skattejag wat een baie groot beloning aan die einde het – JY! Ons vertel jou hoe om hierdie avontuur onvergeetlik te maak in vyf maklike stappe.
’n Tema sal bloot jou beplanning en uitvoering makliker maak. ’n Tema kan enige iets wees van julle gunsteling dress-up speletjies (seerowers kan goed werk) of laat dit handel oor ’n spesifieke dag in julle lewens (die dag toe hy jou gevra het om te trou).
Jou checklist:
Wat is jou doelwit?
Waarheen wil jy hê moet die skattejag manlief lei? Julle gunsteling restaurant, julle slaapkamer of dalk ’n hotel?
Hoe gaan jou leidrade lyk?
Gaan jy notas los of gaan jy dit vir hom SMS?
Waar gaan jy die leidrade wegsteek?
Loop deur die huis en soek na oulike wegsteekplekke. Is daar ook geskikte plekke buite, soos in die motor of in die tuin? Onthou, dit moet nie te moeilik wees nie, maar ook nie só maklik dat manlief binne vyf minute die hele plan ontsyfer nie.
Wat gaan jy alles benodig?
Dit gaan bepaal wat op jou inkopielysie gaan wees, of hoe om dinge wat jy reeds in die huis het in te span om die aand ’n sukses te maak. Dink veral aan sexy eetgoed, uitrustings en speelgoed.
Stap 2: Jou inkopielys
- Mooi papier of karton waarop jy jou leidrade kan skryf of print.
- Gom, strikkies of blinkers om die kaartjies mee te versier.
- Iets om die leidrade in weg te steek, soos byvoorbeeld koeverte. Of rol jou notas op, bind dit met ’n strikkie vas en plaas dit in ’n deurskynende botteltjie.
- Skatte wat saam met die leidrade gaan. Dit is nie ’n moet nie, maar as jy ’n paar goedkoop items soos sjokoladestafies, ’n das en skeerroom by die leidrade kan plaas, sal dit soos ’n regte skattejag voel. Dit kan items wees wat hy bloot van hou, of dalk goedjies wat julle kan gebruik om die ooh la la in julle aand te sit. (Maak net seker manlief bring dit saam!)
- ’n Spesiale uitrusting. As jy vir manlief by ’n publieke plek gaan wag, kry vir jou ’n sexy uitrusting wat sy asem sal wegslaan. As die slaapkamer sy eindbestemming is, wag daar vir hom in jou seerowerpakkie of ’n nuwe kantnommertjie.
Stap 3: Maak die leidrade
Tyd vir kreatief raak!
Nommer eerstens jou leidrade, sodat dit nie deurmekaar raak nie. Indien jy die leidrade telefonies gaan stuur, skryf jou leidrade neer sodat jy jou bewoording (en die volgorde) kan double-check. Belangrik, moet nie nou al die koeverte seël nie!
Die bewoording gaan van jou afhang. Jy kan ’n kriptiese rympie maak of bloot direkte instruksies gee wat manlief moet uitvoer. Hier is so ’n paar wat jy kan gebruik om manlief te stuur na:
- Die spieël: Jy weet jy is vir my sexy. Glo jy my nie? Gaan kyk na jou weerkaatsing.
- Die bad: Kerslig, skuim en ’n glasie wyn. Daar is net een plek waar hierdie threesome
- Die bed: In jou arms sal jy my elke oggend en aand hier kry. Dit is ’n sagte plek net vir jou en my.
- Jou onderklere-laai: Satyn, strikkies en kant – jy weet hoe dit voel. Hierdie plek is net vir jou oë bedoel.
Stap 4: Toets dit uit
Dit is belangrik om vooraf seker te maak dat:
- Jou leidrade verstaanbaar is.
- Dit maklik gevind kan word.
- Die regte leidrade op die regte plekke is.
Doen hierdie liefs ’n dag of twee voor die tyd, sodat jy genoeg kans het om nuwe kaartjies te maak of leidrade uit te dink indien nodig.
Begin nou deur jou leidrade volgens jou beplanning te plaas. Kry ’n vriendin om die skattejag namens jou man uit te voer – laat haar fisies die leidrade lees en dit volg. As jy tevrede is met die resultaat, seël jou leidrade.
Stap 5: Wag by die eindbestemming
Op die dag van die skattejag, doen moeite met jou voorkoms – onthou, jy is die ultimate treasure. Om dinge nog meer opwindend te maak, kan jy vir manlief ’n paar sexy foto’s stuur terwyl hy besig is met die skattejag. Maar moenie jou hele verrassing weggee in die foto’s nie – neem byvoorbeeld net jou skouer of ’n been in ’n verleidelike posisie af.
Aparte blokkie
Vyf oulike maniere om jou leidrade aan te bied
- Steek dit weg op sý gunsteling plekke – soos sy denimbroek se sak.
- Maak vir hom ’n voice recording van die leidrade in plaas van geskrewe notas.
- Laat hom ’n foto stuur van die antwoord om die volgende leidraad te kry.
- Bied jou leidrade aan as foto’s wat uit snaakse hoeke geneem is.
- Sny elke leidraad op in ses dele wat hy eers aanmekaar moet sit voor hy dit kan lees.
Addisionele bronne: idiva.com, getromantic.com, wikihow.com.
Artikel deur Thalia Brüssow
***
Indien jy meer sulke artikels soek en nie ‘n enkele stukkie raad van INTIEM wil mis nie KLIEK HIER en maak seker jy ontvang ons weeklikse nuusbrief!