As julle, soos die meeste paartjies, sukkel om te besluit waar om te gaan uiteet, maak ’n restaurant-paspoort.

Promosie

Skryf die name van sowat 40 restaurante/eetplekke in jul omgewing neer in ’n boekie (een bladsy per restaurant) en maak ’n blokkie daarby met plek vir ’n plakker. Koop sommer ’n klomp sterre/kolle by jou naaste skryfbehoeftewinkel.

Voor jul volgende afspraak, kan jy die boekie iewers oopslaan. Daar’s hy – die besluit is vír julle geneem.

Plak nou ’n kol om te wys julle was reeds daar.

Promosie

 

Deur Annelize Steyn