Maak vir hom ’n spesiale tafelversiering!

Promosie

As julle byvoorbeeld agt jaar lank getroud is, gaan soek een spesiale foto van julle twee wat in elk van daardie agt jaar geneem is en laat die foto’s druk (ingeval jy nie ’n harde kopie-weergawe het nie).

Kies nou een subtiele kleur (sjampanjekleurige of roomkleurige ballonne werk goed. Kies dié soort met ’n metaalafwerking). Meet die afstand tussen jou tafel en die plafon en maak jou linte só lank dat jou foto’s nét bo die tafel hang as die ballonne teen die dak sweef.

Maak nou jou ballonne aan die een punt van die linte vas en jou foto’s aan die ander punt en siedaar!

Promosie