Hierdie resep is doodmaklik, maar die jamtertjies is bekoorlik!
Al wat jy nodig het, is een rol tertkorsdeeg, een blik aarbeikonfyt, suiker en melk. Rol die deeg uit tot sowat 5mm dun. Druk hartjies uit die deeg.
Plaas ’n lepel aarbeikonfyt in die middel van die hart en maak dit toe met nog ’n hartjie (soos ’n toebroodjie). Gebruik ’n vurk om die hartjie te seël deur dit al om die rante toe te druk. Maak ’n klein kruisie (soentjie) in die middel van elke hartjie met ’n skerp mespunt.
Smeer elke koekie met melk, besprinkel met suiker en bak teen 180⁰C vir 15-20 minute.