Maak vir manlief ’n baie kosbare kunswerk deur spoelklippe te gebruik om figure op doek mee te bou.
Koop ’n skilderdoek van ’n goeie gehalte. As jou spoelklippe swart is, hou die doek wit. As jy ligte klippe gebruik, verf die doek eers met ’n swart of houtskool kleur verf voor jy die klippe rangskik om twee figure te vorm en dit met goeie gehalte gom op die doek vas te plak.
Deur Annelize Steyn