Kersfees is om die draai en dis tyd om vir jou maat ’n spesiale geskenk te soek! Oorweeg miskien om dié keer ’n geskenk te koop wat julle liefs nie onder die boom sal sit nie, maar waaruit jul albei voordeel, en genot, kan trek. . .

Promosie

Dink mooi daaroor. . . wat kan julle albei geniet? Julle het reeds die grootskerm-televisie, die wegbreeknaweek en die His & Hers stel kamerjasse. Miskien is dit tyd om ’n bietjie stout te raak en te kyk na wat Suid-Afrika se mees langdurige aanlyn-sekswinkel bied. Met hul wye reeks produkte wat jy 100% diskreet kan bestel en sommer die volgende dag kan bestel (afhangende van waar in Suid-Afrika jy woon) kan jy jul geskenk selfs die laaste minuut bestel en ontvang! Klink dit intimiderend? Sien dit as ’n lekker vakansie-uitdaging waarmee julle nuwe woema in jul sekslewe kan blaas.

Ter voorbereiding
Gooi ’n slag alle verskonings oorboord en gee julself oor aan ekstase op ’n nuwe ontdekkingsreis. Tydens vakansies is ons gewoonlik lekker ontspanne en dikwels in ’n speelse en avontuurlustige bui, wat Matildas die ideale ontdekkingsveld maak. Onthou, smeermiddel is ’n móét vir elke gesonde paartjie wat hou van ’n opwindende sekslewe, so skaf gerus Pjur Woman Aqua aan voordat julle die uitdagings aandurf. Dit is ’n bevogtigende, watergebaseerde smeermiddel, spesifiek geformuleer vir vroue, en kan met veiligheid daagliks gebruik word.

Verlei manlief in ’n mooi Floral Ruffle Teddy-eenstuk. Shunga Massage Candles sal die gepaste romantiese atmosfeer skep. Wanneer dié aromaterapeutiese olie smelt, kan jy dit gebruik om jou maat mee te masseer. Wat meer het jy nodig om in die regte luim te kom? As idees jou ontgaan, blaai gerus deur die 365 Sex Positions Book – jy is gewaarborg om inspirasie hier te kry.

Promosie

Nege blink geskenk-idees
Soveel idees en produkte, maar wat kies jy? Matildas het beslis iets vir almal en daar sal beslis iets wees wat jul aandag trek of nuuskierigheid prikkel.

Dis byna te mooi vir gebruik, maar vir prettige voorspel, boei hom met die Frou Frou satyn- en organza-handboeie. Daarna wakker jy sy fantasie aan met die Pom Pom Feather Tickler. Met die marabau-vere en verskillende teksture sal jy hom rasend van opwinding maak.

Die 25 Days of Sex Kit is ’n sensuele verrassings-geskenkpak en bevat onder meer tien speelgoed wat spesiaal gekies is om jou tot orgasme te lei, asook ander sensuele bykomstighede wat jy alleen of saam met jou maat kan geniet.

Met die Couples Kit kan jy vir seker vervelige slaapkamerdae en -nagte vaarwel toeroep. Dié super-sexy samestelling bevat ’n oulike speletjie om jou in die regte bui te sit, smeermiddel, ’n erotiese kers, asook speelgoed vir hom en haar.

Daar is ’n paar interessante vibreer-geskenke is beskikbaar, onder meer ’n Vibrating ring vir hom en ’n Vibrating panty vir jou. Tesame put beide van julle genot daaruit. Die Vibrating ring word aan manlief se penis gedra, wat hom ’n fermer, langdurige ereksie gee. Terselfdertyd stimuleer dit die klitoris – dubbel die plesier! Die Vibrating panty het tien verskillende stellings en kan tot tien meter ver weg werk! Dié stel bestaan uit ’n fraai kantbroekie en ’n vibrator wat perfek daarin pas. Dit gee jou maat totale beheer vir wanneer julle kreatief voel.

Ander vibreer-geskenke sluit in die Womanizer2Go. Hierdie klein vibreerder is in die vorm van ’n lipstiffie en met ses verstellings, waarvan een geluidloos is, is dit perfek vir wanneer jy en manlief in julle hotel kamer, chalet of tent wil speel.

Die Doppio Dual-vibrator is nog ’n fantastiese item om die pret mee te vermeerder wanneer jy na inspirasie soek. Die waterdigte, herlaaibare vibrator het drie motors en sewe patrone vir verskillende plesier-kombinasies.

Nog ’n wenner is die veelsydige vibrator, We Vibe Couple’s Vibe. Jy dra dit binne-in jou vir ekstra stimulasie op die klitoris én G-kol, maar jou maat kry ewe veel plesier hieruit!

So, waarvoor wag jy? Bou die opwinding deur sáám te kies, te bestel en te wag vir jul voortydige Kerspakkie. . .

Om enige van Matildas se wye reeks hoë gehalte produkte te bestel, besoek www.matildas.co.za.