Koop vir manlief ’n klein ringbind-notaboekie en skeur die meeste van die bladsye uit sodat daar net 26 bladsye oor is.
Gebruik nou ’n stempel of stensil en verskillende kleure ink of verf en skryf die alfabet in die boekie – een letter op elke bladsy. Onder elke letter skryf jy waarvoor dáárdie letter staan, wat op jul liefde van toepassing is. Sommige kan diep wees, ander weer humoristies. Byvoorbeeld A = Anders: Ons liefde is spesiaal, want dit is só ANDERS as enigiets wat ek al ooit ervaar het. B = Bittereinder: Ek is lief vir jou – want jy het ongelooflike deursettingsvermoë. C = Clanwilliam, waar ek die eerste keer my hart op jou verloor het.
Verras manlief met dié notaboekie in sy skootrekenaar-sak.
Deur Annelize Steyn