Nog iets om jou man teen die etensuur aan jou te laat dink . . .

Al ooit gesien hoe mooi ’n swart merkpen op ’n piesangskil skryf? Pak vir hom ’n piesang in vir werk, maar nie voor jy ’n kunswerk (okay, minstens ’n boodskap) op die piesangskil aangebring het nie.

Gebruik ’n rooi merkpen en ’n swart merkpen en teken iets ouliks op die piesang. Of maak die vrug bloot vol rooi, ingekleurde hartjies en skryf iets met die swart pen.

Steek dit weg of pak dit in waspapier in sy kosblik of koelsak, en hy sal beslis glimlag wanneer hy dit ontdek!