#8 Jy neem seks baie ernstig op.
Natuurlik is dit ’n emosionele daad wat jul verhouding versterk. Natuurlik is dit intiem en spesiaal, maar wees eerlik met jouself … soms is seks regtig prettig en snaaks! Iewers in elke getroude paartjie se lewens gaan iemand van die bed afval of hul koppe stamp. Die geheim is hoe jy hierdie ongemaklikhede hanteer. As jy die duvet oor jou kop trek, die lig afskakel en daaroor sanik, gaan dit nie vir jou maat naastenby so sexy wees soos wanneer jy bloot knipoog en daaroor begin giggel nie (maak net seker jy lag nóóit vir sy penis nie!)