Koop ’n groot kaart van die wêreld of van Suid-Afrika. Laat maak ’n swart-en-wit fotostaat hiervan, maar probeer om die grootte te behou.
Soek die kolletjie op die kaart waar julle mekaar ontmoet het en plak ’n rooi hartjie met ’n duimspyker daar vas. Nou kan jy met groot letters en met behulp van ’n stensil op die res van die kaart skryf: Waar alles begin het . . .
Laat raam dit as ’n kunswerk vir jul slaapkamermuur.