Lepellê-kunswerk
Maak ’n mooi kunswerk vir jou muur deur twee silwer lepels horisontaal op ’n doek vas te maak en daarbo te laat druk: “Lepellê sedert 1997” (of watter jaar julle ook al getroud is).
Skryf vir hom ’n geheime kode
Neem ’n vierkantige houtbord van 1m X 1m en verf dit in die kleur van jou keuse. ’n Donkergrys kleur werk goed.
Teken nou ’n groot hart met potlood op die houtbord. Kap klein spykertjies al op die hart se buitelyn, ongeveer 1cm uit mekaar. Neem nou gekleurde tou (rooi werk goed). Span die tou tussen die verskillende spykers (sommer deurmekaar).
Hou aan met dié weefwerk tot jou hart voltooi is!