Koop ’n beesklokkie of ’n soortgelyke klok vir jou huis en hang dit iewers redelik sentraal. Maak ’n plaatjie wat jy naby aan die klokkie vasmaak en waarop staan: “Lui vir ’n soen.”
Wanneer een van julle ’n soen nodig het, kan julle bloot die klokkie lui.
Julle kan dit ook meer kompleks maak en ’n “kodetaal” ontwikkel wat net julle verstaan. Met ander woorde, een lui beteken ’n druk, twee luie beteken ’n soen en drie luie beteken: “Kry jou in die slaapkamer!”
Deur Annelize Steyn