Hou jy van die inkleur-vir-grootmense neiging wat nou seëvier? Kleur een van jou prente in, plak dit op ’n dik karton/bord en skryf of verf ’n spesiale boodskap bo-oor die agtergrond-patrone op ’n dik karton. Vertel hom in die boodskap hoekom julle só ’n perfekte paartjie is en pasgemaak is vir mekaar.

Gebruik nou ’n kunsvlytmessie om die karton in legkaartstukke te sny. Plaas die stukke in ’n glasbottel en gee hom die opdrag om jou spesiale boodskap te ontsyfer.

 

Deur Annelize Steyn

Promosie